Nuska is in Namibië sedert 2008 geregistreer

Meer besonderhede is bekend in die aantygings wat die leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, Job Amupanda teen Namdia gemaak het. Amupanda beweer die maatskappy Nuska Tegnologie is aangestel om diamant waardasies vir Namdia te doen, terwyl C-Sixty Beleggings volgens hom reeds daarvoor betaal word. Volgens Amupanda is dit ‘n Israelse maatskappy maar, Nuska Tegnologie is reeds in 2008 by Bipa geregistreer as ‘n Eiedoms Beperk-maatskappy. Doron Cohen is die Besturende Direkteur en is woonagtig in Windhoek maar, is afkomstig van Israel. Luidens die brief wat na bewering deur Cohen op 18 Maart aan die Hoof Uitvoerende Beampte van Namdia Kennedy Hamutenya gestuur is, is die aangehegde faktuur vir die derde waardasie vir die jaar wat die maatskappy vir Namdia gedoen het. Die faktuur vir die waardasie van 993 diamante wat 12 340 karaat weeg is net minder as 3,4 miljoen Namibiese doller terwyl die diamante volgens die brief net meer as 7,68 miljoen Amerikaanse doller werd is. Nuska het nie oproepe beantwoord nie. Amupanda is ook nie beskikbaar nie en Minister Leon Jooste is in die weeklikse kabinetsvergardering. Namdia het vroeër onderneem om ‘n persverklaring vandag uit te reik.