Karas-produsente moet by AMTA aansluit

Die Besturende Direkteur van die Landbou Bemarking en Handel-agentskap, bekend as AMTA, Lucas Lungameni het boere in die Karas-streek gevra om by die agentskap te registreer en sodoende hulle produkte deur AMTA te verkoop. Lungameni sê dit sal die verkoop van hulle produkte vergemaklik en ook boere bystaan oor aanvraag in die mark. Boere in die streek sal vanaf vandag geregistreer word en AMTA het ‘n bereop op alle hoender boere sowel as akkerbouers en tuinbouers gedoen om aan te sluit. Daar is ook subsidies vir die drie waardekettings en ondersteuning om op die regte standaard te produseer.