
Waarnemende uitvoerende hoof van Namibia Drydock sterf in ongeluk - January 5, 2022
Heritha Nankole Muyoba, die waarnemende uitvoerende hoof van Namibia Drydock and Ship Repair, het vanoggend in ‘n motorongeluk tussen Omega en Kongola gesterf. Vier ander persone het ook in die ongeluk gesterf en twee is beseer nadat ‘n motorband glo gebars het. Muyoba was ‘n voormalige direksielid van Air Namibia.
Hoogste Covid-sterftesyfer sedert begin van derde vlaag aangemeld - January 5, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie het 18 Covid-verwante sterftes in nege distrikte aangemeld – die hoogste sedert die begin van die derde vlaag – asook 395 nuwe gevalle uit 1 934 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 20,4 persent verteenwoordig. In die groep is 35 leerders, 17 gesondheidswerkers, vyf onderwysers en twee studente. Daar is nou 14 […]
Zondo & Zuma: Afrikakenner sê hoofregter het fouteer - January 5, 2022
Die bekende politieke ontleder en kenner in Afrika-sake dr. Charles Sinkala sê die Zondo-kommissie en dus, sy voorsitter Raymond Zondo het fouteer met hulle ondersoek, veral met die kwessie dat die blaam by Zuma se deur gelê word. Die eerste deel van die verslag dui aan dat oudpresident Jacob Zuma die staatskaping moontlik gemaak en […]
Sekuriteit reeds om Capitol Hill verskerp - January 5, 2022
Dit is môre ‘n jaar sedert die opstand by Capitol Hill in Washington. Internasionale nuusagentskappe berig dat sekuriteit reg om die gebou reeds verskerp is en talle lede van die polisie is reeds ontplooi met betogingstoerusting. Daar is reeds ‘n geruime tyd kommer oor ‘n moontlike gewelddadige herdenking van die opstand en owerhede het reeds […]
Betty White kry ‘n strokiesprentboek - January 5, 2022
TidalWave Productions sal ‘n strokiesprentboek publiseer wat die lewe van die ontslape Betty White herdenk. White is verlede week Vrydag in haar slaap op die ouderdom van 99 oorlede. Sy sou op 17 Januarie haar 100ste verjaarsdag gevier het. Die boek word soos ‘n biografie gepubliseer en sal haar Hollywood-loopbaan vertoon. TidalWave het in die […]
Omikron, geldelike probleme skep probleme vir skole - January 5, 2022
Die Namibiese studente-organisasie Nanso, sê hy het kommer oor Omikron en die skole wat volgende week oopmaak. Leerders het gedurende die vakansie ‘n groot deel van positiewe gevalle uitgemaak wat weereens bewys dat gemeenskapsoordrag die virus versprei en dat skole eintlik veilig is. Maar, volgens Nanso se woordvoerder Dylan Mukoroli, het skole reeds finansiële uitdagings […]
Oscar se parool uitgestel, Reeva se familie keer - January 5, 2022
Berigte uit Suid-Afrika lui dat Reeva Steenkamp se familie baie teenstand gebied het teen die moontlike parool van Oscar Pistorius. Die saak is tot na Kersfees uitgestel maar, ‘n datum is nie bekend nie. Dr. Pixie du Toit, die bekende forensiese kriminoloog het die jongste so deurgegee.
Steenhuisen sê almal in Zondo-verslag moet vervolg word - January 5, 2022
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê senior regeringsamptenare wat in die staatskapingsverslag as hoofrolspelers gevind word, moet vervolg word. Hy meen die oorwinningsoomblik oor staatskapingbevindings sal wees wanneer die eerste skuldigbevindings plaasvind:
NBL is top presteerder op NSX - January 5, 2022
Cirrus in die hoofstad sê Namibië Brouerye het in 2021 die beste presteer op die Namibiese aandelebeurs. Die maatskappy se aandele het met net minder as 49 persent gegroei. Die besturende direkteur van NBL Marco Wenk sê dit was ‘n uiters goeie jaar…
Staatskaping was moontlik as gevolg van Zuma - January 5, 2022
Die Zondo-kommissie in die buurland dui aan dat oudpresident Jacob Zuma die staatskaping moontlik gemaak en bevorder het. Voorsitter Raymond Zondo skryf in sy eerste verslag Zuma het die Gupta-familie aktief gehelp om die staat te kaap ten koste van Suid-Afrika se mense. Hy sê die voormalige staatshoof het betrokke geraak by die werksaamhede van […]