
Kapenaars moet dringend water spaar - January 24, 2022
Stad Kaapstad vra inwoners se samewerking om minder water te gebruik en só die stadsraad deur ‘n chloor-tekort te help. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die naweek se hittegolf het waterverbruik skerp laat styg. Kaapstad het wel gebeurlikheidsplanne in plek om te verseker genoeg chloor is beskikbaar om te alle tye […]
Olieprys klim verder… - January 24, 2022
Die toenemende spanning in die Midde-Ooste en Oos Europa het skerp stygings in die ru-olieprys tot gevolg gehad. Opul en sy vennote sukkel ook om produksie, soos ooreengekom, op te stoot. Brent ru-olie het in die vroeë oggendure teen amper 89 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Ontleders sê die prys het reeds met 10 persent […]
Walvisse teen die Kaapse kus - January 24, 2022
Al is dit nog nie walvisseisoen nie, is ‘n sogenaamde supergroep van 116 boggelrugwalvisse onlangs aan die Kaapse kus opgemerk. Die koue water van die Benguela-stroom en sy opwelstelsel is ryk is aan plantvoedingstof en die sterk wind van die land af, het die ideale omstandighede geskep om walvisse se belangrikste kos, kril, beskikbaar te […]
Fishrot-borgaansoek hervat vandag - January 24, 2022
Die borgaansoek van die Fishrot-verdagtes sal vandag hervat voor Regter Shafimana Ueitele. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo, Otneel Shuudifonya en Phillipus Mwapopi bring die aansoek. Getuienis is verlede jaar in November gelewer en die saak is op 12 November tot vandag toe uitgestel. Luidens berigte sê die groep die ondersoek is afgehandel en hulle […]
Namibiërs moet waaksaam wees, misdaadvlakke is hoog - January 24, 2022
Rooftogte, huisbraak met die opset om te steel en diefstal neem weer toe, volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag. Daar was talle inbrake oor die naweek en Nampol se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga doen ‘n beroep op Namibiërs om uiters waaksaam te wees.
Saftu verwerp Wêreldbank-lening - January 24, 2022
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde is besorg oor die lening wat deur die Wêreldbank aan die Nasionale Tesourie toegestaan is. Die lening van 750 miljoen Amerikaanse dollar, oftewel 11,4 miljard Suid-Afrikaanse rand, sal gebruik word om Suid-Afrika se reaksie op Covid-19 te versnel. Saftu sê hy verwerp die lening, aangesien dit die land se ekonomiese […]
Wes-Australië se grense bly gesluit - January 24, 2022
Die Wes-Australiese minister van gesondheid, Amber-Jade Sanderson, het die staat se besluit verdedig om sy grense weens Covid-19 vir ‘n onbepaalde tyd te sluit. Die staat sou op die vyfde van volgende maand sy grense heropen vir reisigers tussen plaaslike state en internasionale reisigers wat twee inentingsdosisse gehad het. Wes-Australië het teen gister 24 nuwe […]
Vierde vlaag amper in die Kaap verby - January 24, 2022
Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê die einde van die vierde Covid-19-vlaag in dié provinsie is in sig. Sodra die getal daaglikse nuwe gevalle op ‘n sewe-dag-gemiddeld 600 gevalle bereik, is die vierde vlaag verby. Volgens die Suid-Afrikaanse Covid-19-modelkonsortium, is Gauteng die eerste provinsie waar die vierde vlaag amptelik iets van die verlede is. Winde […]
SA kan nie Cyril-Lindiwe debakel bekostig nie - January 24, 2022
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Daniel Silke sê die debakel tussen President Cyril Ramaphosa en die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, is ‘n politieke onderonsie wat die land nie nou te midde van ‘n ernstige ekonomiese krisis kan bekostig nie. Die minister het verlede week in die openbaar die Presidensie se verklaring ontken dat Ramaphosa haar […]
Versigtig vir lang-Covid met Omikron - January 24, 2022
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê terwyl Omikron nie so gevaarlik is soos Delta nie, is daar steeds ‘n groot risiko dat mense wat die variant opdoen, lang Covid kan kry. Persone met onderliggende toestande is veral kwesbaar. Die WGO se Maria van Kerkhove sê alle maatreëls moet benut word om die verspreiding van die variant te verhoed.