
Mej. Namibië is terug op eie bodem - December 15, 2021
Mej. Namibië 2021, Chelsi Shikongo, is terug in die land nadat sy aan die Mej. Heelal-kompetisie in Israel deelgeneem het. Shikongo is deur haar ondersteuners by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako terug verwelkom. Mej. India, Harnaaz Sandhu, is as Mej. Heelal aangewys, met Mej. Paraguay, Nadia Ferreira die naaswenner en Suid-Afrika se Lalela Mswane is […]
Vermeende moordenaar van Stinkwater verskyn môre in hof - December 15, 2021
Die 32-jarige verdagte wat die 23-jarige Lydia !Kharises op Stinkwater naby Dordabis na bewering verkrag en vermoor het, sal môre in die hof verskyn nadat hy gister deur die polisie in hegtenis geneem is. Die polisiehelikopter is ontplooi en polisiebeamptes het die verdagte te voet agtervolg en hy is langs ‘n rivier in die Dordabis-omgewing […]
Belgies-Britse vlieënier (19) wil drie wêreldrekords breek met alleenvlug - December 15, 2021
‘n Belgies-Britse vlieënier van net 19 jaar oud, Zara Rutherford, beplan om drie rekords van Guinness World Records te verbeter deur alleen om die wêreld te vlieg. Sy wil onder meer die jongste vrou word om dit te doen, asook die eerste om dit in ‘n muggievliegtuig te doen. Rutherford se reis het in Augustus […]
Ugandese opposisieleier onder huisarres geplaas - December 15, 2021
Die Ugandese leier van die opposisie, Bobi Wine, sê veiligheidsmagte het hom voor ‘n beplande veldtog-saamtrek onder huisarres geplaas. Die politikus wat ook ‘n sanger is en wat verskeie kere in die afgelope paar jaar in hegtenis geneem is, sê die polisie en militêre beamptes verhoed hom om sy huis in Magere, noord van Kampala, […]
Namibiese adjunkpresident kry versterkdosis - December 15, 2021
Die Namibiese adjunkpresident Nangolo Mbumba sê hy voel gesonder nadat hy sy Covid-19 versterkdosis vandag by die Windhoek Sentrale Hospitaal gekry het. Mbumba het Namibiërs aangemoedig om wetenskaplikes te vertrou en sê entstowwe is veilig.
Prasa staan hofaansoek van gewese bestuurshoof teen - December 15, 2021
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, het bevestig hy sal die dringende aansoek van ‘n interdik wat die gewese bestuurshoof Zolani Matthews ingestel het, teenstaan. Volgens ‘n woordvoerder, Andiswa Mkanda, het Matthews gister gesê hy gaan die agentskap voor die Arbeidshof in Johannesburg daag om sy afdanking te betwis. Sy kontrak met Prasa is op 2 […]
SA suiker-reus stuur ontwikkelingstrategie van stapel - December 15, 2021
Die suiker-reus Tongaat Hulett Sugar SA het ‘n ontwikkelingstrategie van stapel gestuur wat volgens hom verreikende voordele inhou vir gemeenskappe en vir die land. Dit sal ook die planeet help beveilig. ‘n Woordvoerder van die maatskappy, Nkonzo Mhlongo, sê hulle het verskeie inisiatiewe geloods wat die katalitiese omskakeling-speelveld kan verander. Sy verwys ook na ‘n […]
Een Covid-sterfte in Outapi-distrik aangemeld - December 15, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Outapi-distrik aangemeld, asook 710 nuwe gevalle uit 2 765 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 25,7 persent verteenwoordig. In die groep is 60 leerders, 16 gesondheidswerkers, 14 studente en agt onderwysers. Daar is nou 4 439 aktiewe gevalle, waarvan 110 pasiënte in hospitale is en 10 in hoësorgeenhede. Altesaam 329 088 persone is ten volle ingeënt.
Geen borgtog vir huishulp wat glo baba vermoor, vermink - December 15, 2021
Die huishulp wat glo haar babadogter vermoor en haar binnegoed verwyder het, het in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn en is nie borgtog toegestaan nie. Die 26-jarige Yoolokeni Haipinge se verhoor is tot 14 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel. Sy sal in aanhouding bly en sielkundige evaluering ondergaan. Die saak spruit uit die eienaars van ‘n huis in Rocky Crest in […]
Sampofu het nie veel te sê oor NDF in Zambezi nie - December 15, 2021
Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu het nie veel te sê gehad oor die bevindings van die Nasionale Raad se staande komitee dat die NDF se teenwoordigheid in die streek bepaal moet word en dat inwoners, veral teen die grens van Botswana, onveilig voel nie. Sampofu sê soldate is ontplooi om mense te beskerm, […]