
Zuma se regspan appelleer wéér - December 15, 2021
‘n Aansoek om verlof tot appèl teen die beslissing oor oud-president Jacob Zuma se mediese parool, is ingedien. Sy regspan het die aansoek gebring, nadat die besluit van die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, om aan Zuma mediese parool toe te staan, in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria onwettig verklaar is. Mzwanele Manyi […]
Telkom se bestuurshoof ontruim sy pos einde Desember - December 15, 2021
Telkom het aangekondig sy bestuurshoof, Sipho Maseko, gaan sy pos ontruim aan die einde van die maand. Die aankondiging is byna ses maande vroeër as wat verwag is. Serame Taukobong is as die nuwe bestuurshoof benoem en sal die posisie vul vanaf Januarie. Telkom sê Maseko sal uit die Telkom-raad en dié van sy filiale […]
Dokotoraat vir man wat eens as nagwag gewerk het - December 15, 2021
Andries Daniels van Kimberley in die Noord-Kaap gaan die eerste swart Suid-Afrikaner word om ‘n PhD in wingerdbou te verwerf. Die voormalige nagwag sal hierdie week sy doktoraat aan die fakulteit van landbouwetenskappe by Stellenbosch Universiteit ontvang. Daniels het sedert hy sy eerste graad behaal het by die Landbou-navorsingsraad in Stellenbosch gewerk. Hy het sedertdien […]
Die Gamsberg gaan die enigste Afrika Millimeter-teleskoop in Afrika huisves - December 15, 2021
Die Gamsberg gaan die Afrika Millimeter-teleskoop huisves, die eerste radioteleskoop in Afrika wat sensitief vir millimetergolwe is. Dit is ‘n reuse-projek tussen die Universiteit van Namibië, Radboud Universiteit in Nederland en verskeie internasionale vennote om die teleskoopnetwerk van die Event Horizon Teleskoop met ‘n radioteleskoop in Namibië uit te brei. Dit sal ‘n belangrike skakel […]
Sport - December 15, 2021
Die Namibiese regtervleuel Oderich Mouton is as sportman van die jaar van die rugbyklub FNB Universiteit van Namibië bekroon. Die studentespan het onder leiding van afrigter Johan Diergaardt vanjaar vir die vierde keer sedert 2015 die Namibië Rugby-unie se premierliga gewen – dié keer met ’n oorwinning van 30-20 teen FNB Western Suburbs in die […]
Altesaam 290 bouplanne in November in Windhoek goedgekeur - December 15, 2021
Volgens bou-statistieke wat deur Stad Windhoek vrygestel is, is uit ‘n totaal van 287 nuwe bouplanne wat ontvang is, 290 bouplanne tydens November 2021 goedgekeur (dieselfde as in Oktober), vergeleke met 288 in November 2020. Op Swakopmund is altesaam 77 bouplanne met ‘n waarde van 51,5 miljoen Namibiese dollar tydens November 2021 goedgekeur, vergeleke met […]
Ministerie van myne ondersoek vloeistof wat soos olie lyk - December 15, 2021
Die span wat deur die Namibiese ministerie van myne en energie gestuur is om vloeistof wat soos olie lyk by Vaalgras te ondersoek, is terug. Hulle sal nou hul monsters ontleed. Die gemeenskap van Vaalgras in die Karas-streek was in rep en roer toe vir water geboor is en die donker vloeistof te voorskyn kom. […]
Zimbabwiërs in Botswana nie meer as politieke vlugtelinge erken - December 15, 2021
Botswana erken nie meer politieke vlugtelinge van Zimbabwe wat die land in 2008 binnegekom het omdat hulle onder Robert Mugabe se bewind politieke geweld probeer ontvlug het nie. Dit volg op die poging van vyf vlugtelinge wat hul uitsetting deur Botswana se departement van verdediging, justisie en veiligheid, in die hof probeer betwis het. Die […]
Swapo ontken ontvangs van VN-geld wat vir vryheidsvegters bedoel was - December 15, 2021
Die Namibiese regering en die Swapo-party het ontken hulle het ooit enige geld van die Verenigde Nasies wat bedoel was vir vryheidsvegters, ontvang. Die minister van inligting, dr. Peya Mushelenga, sê ‘n groep vryheidsvegters beweer die VN Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge het ‘n hulp-pakket van meer as 351 miljard Namibiese dollar toegeken aan voormalige vryheidsvegters […]
Carl Niehaus onthuts oor Zuma se mediese parool tersyde gestel is - December 15, 2021
Carl Niehaus het die beslissing van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria om oud-president Jacob Zuma se mediese parool tersyde te stel, as hoogs onregverdig en wraaksugtig beskryf. Volgens die beslissing moet Zuma terugkeer tronk toe om sy 15 maande gevangenisstraf uit te dien. Niehaus sê Zuma word steeds ‘n onreg aangedoen deur ‘n onregverdige stelsel […]