EU se besluit om natuurlike gas as groen te beskryf, verwelkom - January 5, 2022

Die Afrika Kamer van Energie het die Europese Unie se uitstaande voorstel om natuurlike gas as ‘n ‘groen’ energiebron te beskryf, verwelkom. Die kamer sê die EU het Afrikalande se beroep op ‘n veilige en omvattende oorgang na groen energie gehoor. Volgens die kamer moes Afrika nog altyd teen klimaatsverandering stry en dit het eerstehandse […]

Read More

23 jaar met ‘n dooie man se identiteit - January 5, 2022

‘n Ondersoek na ‘n kajuitbemanningslid van United Airlines het onthul die Brasiliaanse burger, Ricardo Cesar Guedes, het 23 jaar lank onder ‘n vals naam vir die lugredery gewerk. Volgens federale hofrekords het die vlugkelner die identiteit gesteel van die Amerikaans-gebore William Ericson Ladd wat in 1979 in ‘n motorongeluk dood is. Guedes het Ladd se […]

Read More

Geen vloedskade tot dusver by plase by Aussenkehr aangerig - January 4, 2022

Die Oranjerivier is ná die goeie reën in Suid-Afrika in vloed en vloei sterk by Aussenkehr waar grootskaalse druiwe- en dadelplase is. Die Distrikspad 212 tussen Rosh Pinah en Aussenkehr is tans tot verdere kennisgewing gesluit. Die Paaie-owerheid sê die watervlakke by veral die Visrivierbrug het sy maksimum hoogte bereik. Steven Reid, produksiebestuurder by Desert […]

Read More

Alles is nie verwoes in brand by parlement - January 4, 2022

Daar is ‘n bietjie goeie nuus na die verwoestende brand by die parlement in Kaapstad. Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het aan die gesamentlike staande komitee oor finansiële bestuur in die parlement gesê die raad se raadsaal en kantore, die parlement se biblioteek, museum, kunswerke en die grondvloer van die […]

Read More

Skole moet bankstate aan onderwysministerie voorlê - January 4, 2022

Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het alle skole versoek om hul bankstate in te dien. Dit volg nadat ouers ‘n noodkreet uitgestuur het ná skole hulle beveel het om self skryfbehoeftes te koop. Steenkamp het in ‘n brief aan streeksdirekteure van onderwys beveel om hul bankstate nie later as 12 Januarie nie […]

Read More

Lid van SA Wildlewe Rehabilitasiesentrum uit boom gered - January 4, 2022

Een van die lede van die Suid-Afrikaanse Wildlewe Rehabilitasiesentrum is uit ‘n boom gered, nadat sy kajak in die Vaalrivier omgeslaan het. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê die 42-jarige man is gister as vermis aangegee en was besig om te help om voëls en hulle eiers uit bome in die oorstroomde […]

Read More

Zondo-kommissie oorhandig eerste van drie verslae aan Ramaphosa - January 4, 2022

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het aangekondig hy sal elk van die drie dele van die Staatskapingskommissie se verslag openbaar maak sodra dit aan hom oorhandig is. Hy het vanmiddag die eerste deel van kommissievoorsitter, waarnemende hoofregter Raymond Zondo, ontvang en hom bedank vir sy harde werk.

Read More

Oranjerivier bruis - January 4, 2022

Die Oranjerivier is ná die goeie reën in Suid-Afrika in vloed en kom sterk af by Oranjemund. Die Distrikspad 212 tussen Rosh Pinah en Aussenkehr is tans tot verdere kennisgewing gesluit. Die Paaie-owerheid sê die watervlakke by veral die Visrivierbrug het sy maksimum hoogte bereik. Die publiek moet van die Keetmanshoop-Aus-Rosh Pinah-roete gebruik maak totdat […]

Read More

Medvedev, Zverev beïndruk voor Aussie Ope - January 4, 2022

Tennis: Daniil Medvedev en Alexander Zverev het beide indrukwekkende oorwinnings terwyl hulle voorberei vir die Australiese Ope. Hulle het Rusland en Duitsland ook op koers gehou in die ATP-beker. Die Amerikaanse Ope-kampioen en wêreld-nommer-twee Medvedev het teruggebons na die skoknederlaag die naweek teen Fransman, Ugo Humbert. Hy het Alex de Minaur van Australië met 6-4, […]

Read More

Heropening van skole in Zim onbepaald uitgestel - January 4, 2022

Die heropening van skole in Zimbabwe is onbepaald uitgestel weens die toename in Covid-gevalle gedryf deur die Omikron-variant, het President Emmerson Mnangagwa in sy Nuwejaarsboodskap gesê. Skole sou aanvanklik op 10 Januarie heropen het.

Read More