
Mensehandelaars in EU geswartlys - November 24, 2021
Die Europese Unie het maatreëls voorgestel om die aktiwiteite te keer en te beperk van vervoer-operateurs wat by mensehandel of -smokkel betrokke is op die EU se buitegrense met Belarus. Meer as 40 000 pogings om die EU via die grens in te kom, is vanjaar voorkom. Die unie se president, Ursula von der Leyen, […]
Toenemende straatkinders word bespreek - November 24, 2021
Die adjunkminister van geslagsgelykheid Bernadette Jagger sê die land het toenemende uitdagings met straatkinders, veral as gevolg van armoede en mishandeling by die huis. Sy voeg by dat sommige kinders net gedurende die dag op straat is maar saans huis toe gaan of, dat sommige kinders se ouers ook haweloos is. Jagger het die aanmerkings […]
Reaksie oor sluiting van Keniaanse maatskappye waar eienaarskap versteek word - November 24, 2021
Meer as 2 000 Keniaanse maatskappye is in die boekjaar geëindig Junie 2021 deur die land se prokureur-generaal gesluit, omdat hulle nie hul eienaars bekend gemaak het nie. Die jongste data van die land se Registrateur van Maatskappye toon dat 2 540 entiteite in die jaar gesluit is, meer as die 1 255 in die […]
Tshwane – moontlikhede en hoop in die vooruitsig - November 24, 2021
Tshwane se herkose DA-burgemeester, Randall Williams, sê die stad bied groot moontlikhede en hoop. Hy is gister onbestrede herkies. Katlego Mathebe is vir ‘n tweede termyn as speaker verkies. Williams sê dis nou die tyd om Tshwane te stabiliseer sodat beter dienslewering verseker kan word:
Ethiopië-bakleiery neem toe - November 24, 2021
Die Amerikaanse Spesiale Gesant vir die Horing van Afrika, Jeffrey Feltman, waarsku die toenemende gevegte in Ethiopië ry dalk enige onderhandelinge vir ‘n skietstilstand in die wiele. Duisende mense is dood sedert die gevegte in November verlede jaar in die noorde van die land uitgebreek en tot ‘n groot humanitêre krisis gelei het. Feltman sê […]
Weerwaarskuwing vir die Kaap - November 24, 2021
Die Suid-Afrikaanse Weerburo sê ‘n hewige weerstelsel sal stormsterk suidoostelike en oostelike winde van tussen 60 en 70 kilometer per uur bereik, met rukwinde van 80 kilometer per uur tussen Saldanha- en Plettenbergbaai. Die voorspelling geld van môre tot Saterdag. Intussen is daar baie skade by George aangerig en die woordvoerder van die munisipaliteit, Chantel […]
Sprinkane teister verre Suide - November 24, 2021
Berigte vanaf Warmbad, Karasburg, Ariamsvlei en /Ai//Ais lui dat die omgewing geteister word deur ‘n nuwe sprinkaanplaag. Die swerms is tussen 1 tot 4 kilometer breed. Van die boere sê kaal kolle kom reeds op weiveld voor en amper al die plase word geraak. Van die omgewings het reeds reën ontvang wat tot gevolg het […]
Werk versigtig met jou geld op Black Friday - November 24, 2021
Met Black Friday om die draai, is dit belangrik vir verbruikers om versigtig te wees en self-dissipline oor geld uit te oefen. Die gebrek aan finansiële dissipline tydens Black Friday kan maklik in hierdie onsekere tye tot finansiële ellendes ly. Elzita Beukes, FNB se kommunikasiebestuurder, gee wenke…
SA-munisipaliteite en water – standaarde te laag - November 24, 2021
AfriForum in Suid-Afrika sê baie munisipaliteite ignoreer steeds Artikel 24 van die Grondwet, wat ‘n veilige omgewing vir Suid-Afrikaners waarborg. Die organisasie het drinkwater in 231 dorpe en die riool van 142 suiweringsaanlegte getoets as deel van die jaarlikse Blou- en Groendruppel ontledings. Lambert de Klerk van AfriForum sê verskeie voldoen nie aan nasionale vereistes […]
GRN moedig Taliban aan om vroueregte te respekteer - November 24, 2021
Die leier van die amptelike opposisieparty, Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het tydens die parlementsessie aan die minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, gevra wat die posisie van die Namibiese regering teenoor die nuwe regering van Afghanistan is waar vroueregte geskend word. Nandi-Ndaitwah sê Swapo ondersteun die regte van vroue.