Chobe-skietery ontaard in diplomatieke herrie - December 16, 2021

Die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef in November verlede jaar ontaard in ‘n diplomatieke herrie. Die onlangse nadoodse ondersoek wat in die buurland gehou is, het groot kritiek uitgelok en aktiviste van veral die Namibian Lives Matter-beweging meen die Botswana weermag is bo die reg verhewe en sal niks oorkom nie. ‘n […]

Read More

N$20m se kokaïen spoel op strand uit - December 16, 2021

Kokaïen ter waarde van 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand het op ‘n strand in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap uitgespoel. Die woordvoerder van die Valke, luitenant-kolonel Philani Nkwalase, sê mense wat met hul hond gaan stap het, het op die dwelms afgekom waar dit langs die see uitgespoel het. Die polisie is ontbied en het verskeie saamgeperste […]

Read More

Pharrell Williams ontvang ere-doktorsgraad - December 16, 2021

Pharrell Williams het ‘n ere-doktorsgraad van die Norfolk-universiteit in Virgina ontvang. Volgens Javaune Adams-Gaston, die president van die universiteit, ontvang hy dit vir sy bydrae aan die swart bevolking van die deelstaat. Williams, wat reeds verskeie Grammys gewen het, het ‘n beroep op studente gedoen om Virginia se kultuur en industrie verder te ontwikkel.

Read More

Cele besoek Gauteng vir veilige feestyd - December 16, 2021

Misdaad neem tradisioneel net voor, en gedurende die feestyd toe en plaaslik word dit reeds waargeneem. In Suid-Afrika sal die minister van polisie, Bheki Cele, vandag die jaarlikse Veiliger Feestyd-inspeksietoer in Kagiso, Gauteng, waarneem. Die woordvoerder vir die polisieministerie, Lirandzu Themba, sê die besoek is deel van die polisie se pogings om hulpbronne beskikbaar te […]

Read More

Huishulp wat vermoedelik baba vermoor, moet waargeneem word - December 16, 2021

Die 26-jarige huishulp wat daarvan beskuldig word dat hy haar pasgebore baba in ‘n plastieksak toegedraai het en haar binnegoed uitgesny het, het in Katutura-landdroshof verskyn. Yoolokeni Haipinge staar verskeie klagtes in die gesig wat moord en aborsie insluit. Landdros Olivia van der Colff het die saak tot 14 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Haipinge […]

Read More

Volksmoord: ooreenkoms is gebroke, ons is uit, sê Ovaherero - December 16, 2021

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê hy sal nie die gebroke volksmoord ooreenkoms probeer herstel nie. Die owerheid sê die ooreenkoms verteenwoordig nie die hoop en aspirasies van die Ovaherero en Nama-volk nie. Volgens Mitiri Muundjua, een van die owerheid se senior leiers en wat die aankondiging gemaak het, stel hulle nie belang in die parlementêre […]

Read More

NamWater – miljoene word steeds geskuld - December 16, 2021

Munisipaliteite in Namibië slaag steeds nie daarin om hul skuld aan NamWater te betaal nie, volgens Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van NamWater. Miljoene Namibiese dollar word steeds aan NamWater geskuld en by sommige munisipaliteite is voorafbetaalde waterstelsels geïnstalleer. Nehemia moedig Namibiërs aan om hul waterrekeninge te betaal sodat munispaliteite weer hul skuld by NamWater […]

Read More

Eskom se boeke lyk effe beter - December 16, 2021

Eskom maak goeie vordering met sy pogings om sy skuldlas te verklein. Die bestuurshoof, André de Ruyter, het aangekondig dat die kragreus sy skuld met 15 persent verminder het. De Ruyter sê Eskom het, met die hulp van die regering, daarin geslaag om sy skuld onder beheer te bring: Intussen het Eskom ook beduidende verbetering […]

Read More

Versterkdosisse vererger entstof-ongelykheid - December 16, 2021

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as hernude entstof ongelykhede. In sy mening is versterkdosisse wel belangrik maar, daar is steeds miljoene mense wat hoë risiko gevalle is wat steeds wag op ‘n eerste inenting.

Read More

Zuma-parool: kommer oor onluste - December 16, 2021

Die eienaars van sake-ondernemings in KwaZulu-Natal het planne in plek gestel vir ingeval onrus weer uitbreek. Dit volg op die beslissing deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria dat oudpresident Jacob Zuma moet teruggaan tronk toe. Media haal die woordvoerder van Magma Security, Shaheen Suleiman, aan, wat sê sake-ondernemings het vooraf-bespreekte reëlings getref vir wagte. Die […]

Read More