
Amnestie Internasionaal SA sê streng optrede moet teen staatskapers begin word - January 6, 2022
Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika sê die tyd het aangebreek vir meer aksie en minder praat. Die uitvoerende direkteur, Shenila Mohamed het in reaksie op die eerste deel van die staatskapingsverslag gesê President Cyril Ramaphosa behoort met streng optrede te begin teen mense wat in die verslag betrek word sodat reg kan geskied.
Twaalf Covid-sterfgevalle in ses distrikte aangemeld - January 6, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterfgevalle in ses distrikte aangemeld, asook 480 nuwe gevalle uit 2 283 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 21 persent verteenwoordig. In die groep is 35 leerders, 17 gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Daar is nou 14 755 aktiewe gevalle, waarvan 333 pasiënte in hospitale is en 26 […]
Russiese valskermsoldate na Kazakstan gestuur om opstand te stuit - January 6, 2022
Rusland het valskermsoldate na Kazakstan gestuur om ‘n landwye opstand te stuit nadat dodelike geweld in die streng-beheerde voormalige Sowjet-staat uitgekring het. Die polisie sê hulle het dosyne oproeriges in die hoofstad Almaty doodgeskiet. Staatstelevisie sê 13 veiligheidsmaglede is dood, waarvan twee onthoof is. Reuters-joernaliste in Almaty sê ‘n presidentswoning en die burgemeester se kantoor […]
Oshana kort ‘n nuwe benadering vir inentings - January 6, 2022
Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, sê daar moet ‘n ander benadering gevolg word in die stryd teen Covid-19, veral rakende inenting om kudde-immuniteit te bereik. Irimari sê dit na ‘n onlangse inentingsveldtog van die gesondheidsministerie in die noordelike streke waar inentingskoerse laag is. Oshana het die derde laagste inentingskoers landwyd ná die streke […]
SAOG-beraad vorder baie goed - January 6, 2022
Die mandaat en vordering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se optrede in Mosambiek is bo-aan die agenda vir môre se eerste beraad van staats- en regeringshoofde van die SAOG. Hoewel dit nie in ‘n verklaring deur die organisasie bevestig is nie, blyk al die vergaderings op Mosambiek te fokus. Die virtuele beraad volg op sewe vergaderings […]
Oud-ombud John Walters boer lekker - January 6, 2022
Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by die voormalige Namibiese ombud, John Walters. Hy het 17 jaar in die pos gedien en is op 1 Oktober deur Basilius Dyakugha vervang. Walters sê hy boer lekker en wen Namibiërs ‘n goeie jaar toe.
Zondo sê hofaanval is kommerwekkend - January 6, 2022
Die waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, sê hy is tevrede dat die verdagte in hegtenis geneem is wat gister skade aangerig het by die konstitusionele hof in Braamfontein, Johannesburg. ‘n 36-jarige man is deur veiligheidswagte en die polisie aangekeer op aanklagte dat hy vensters met ‘n hamer stukkend geslaan het. Zondo sê die aanval moet in […]
Merino is hoeka nie meer die swartskaap nie - January 6, 2022
Swartskape is nie meer die swartskape van ’n kudde nie – trouens, hulle word die nuwe neiging in skaapboerdery. Dit volg nadat ‘n boer in Australië ‘n groot kudde swart Merino’s geteel het. Die Australiese Uitsaaikorporasie berig Sophie Holt sê die vraag na wol van swart merino’s is verstommend en baie groter as die aanbod. […]
Wie word Swapo se president vanjaar? - January 6, 2022
Swapo-lede sal vanjaar ‘n nuwe party-president en adjunk verkies. Soos die geval was sedert onafhanklikheid, word die party-president Namibië se president. President Hage Geingob se termyn loop op 21 Maart 2025 tot ‘n einde en dus, is Swapo se verkiesing die jaar uiters belangrik. Die Namibiese politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het sy mening oor […]
Waterstof-energie: Ons plaas al ons eiers in een mandjie - January 6, 2022
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kwartaallikse ekonomiese hersiening vir die laaste kwartaal van 2021 bekend gemaak. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, sê dis alles goed en wel dat die regering klem lê op waterstof-energie maar, dat dit nie goed is om al jou eiers in een mandjie te plaas nie.