Beethoven: geboortedag onbekend, maar hy is vandag in 1770 gedoop - December 17, 2021

Vandag 251 jaar gelede is Ludwig van Beethoven gedoop. Sy geboortedatum is nie bekend nie maar hy is in Desember in Bonn, Duitsland gebore. Beethoven word erken as een van die wêreld se voorste komponiste. Teen die ouderdom van 28 het by begin doof word en by die tyd wat hy 44 jaar oud was, […]

Read More

Putin moet hom inhou – EU - December 17, 2021

Die Europese Kommissie se president Ursula von der Leyen sê indien Rusland teen die Oekraïne optree, sal die Europese Unie in ‘n posisie wees om sanksies in te stel wat die Russe duur te staan sal kom. Rusland hou vol die soldate en toerusting op die grens is slegs daar as verdediging en ontken intelligensieverslae […]

Read More

Kaapstad vir tweede keer vereer - December 17, 2021

Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis het reageer op die tweede World Travel Awards-toekenning aan Kaapstad as die wêreld se voorste fees en geleentheid bestemming. Hill-Lewis sê dit onderskraag die harde werk van die gasvryheidsektor.

Read More

Polisiemotor slaan aan die brand na ongeluk - December 17, 2021

Drie polisiebeamptes is net na een-uur vanoggend in Mondesa beseer toe ‘n wit sedan vermoedelik deur ‘n verkeerslig gejaag het en ‘n polisievoertuig getref het. Die polisie se bakkie het aan die brand geslaan maar, volgens Code Red Medical Services in Swakopmund, is die beamptes lig beseer. Die bestuurder van die sedan het sy motor […]

Read More

N$18m se dagvaardiging vir Walvis se dorpsraad - December 17, 2021

Die voormalige hoof uitvoerende beampte van die Walvisbaai munisipaliteit Muronga Haingura dagvaar die dorpsraad vir net minder as 18 miljoen Namibiese dollar vir verlies aan inkomste en laster omdat hy meen sy karakter is in twyfel getrek toe hy deur die raad geskors is. Haingura is in Desember 2020 geskors vir ‘n periode van agt […]

Read More

Zuma se seun sê hof was roekeloos in sy pa se saak - December 17, 2021

Oudpresident Jacob Zuma se seun Edward het die Hooggeregshof se besluit om sy pa se mediese parool tersyde te stel as roekeloos bestempel. Volgens die uitspraak moet Zuma teruggaan tronk toe en die res van sy vonnis van 15 maande uitdien. Zuma se regspan gaan teen die herroeping van die parool appelleer. Edward glo die […]

Read More

Wees versigtig met kinders naby water - December 17, 2021

Dit is reeds vakansietyd en die Nasionale Seereddingsinstituut in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die publiek om versigtig te wees by plekke met water aan die kus en in die binneland. Die NSRI-woordvoerder, Craig Lambinon, sê hulle doen ‘n beroep op ouers om seker te maak ‘n verantwoordelike persoon kyk na hulle kinders by waterbronne […]

Read More

Oud-Air Namibia personeel moet nog wag vir betalings - December 17, 2021

Die voormalige werknemers van Air Namibia sal moet wag vir volle betaling van hulle skeidings pakkette. Die likiwdateurs, Dave Bruni en Ian McClaren het nog nie genoeg bates verkoop om die 105 miljoen Namibiese dollar wat aan die 696 werknemers geskuld word, te betaal nie. Daar is nog twee Airbus A319 vliegtuie, vier Embraers en […]

Read More

Mej. Wêreld vir 90 dae uitgestel - December 17, 2021

Die Mej. Wêreld-kompetisie is vir 90 dae uitgestel ná bevestigde Covid-19-gevalle. Sewentien gevalle is geïdentifiseer onder deelnemers en tegniese personeel van die kompetisie. Die organiseerders sê volgens mediese deskundiges is die volgende stap onder sulke omstandighede onmiddellike kwarantyn, gereelde waarneming en opvolgtoetse. Deelnemers en ondersteuningspersoneel sal eers na hulle onderskeie lande kan terugkeer wanneer gesondheidsbeamptes […]

Read More

Kom die maatreëls na tydens die feestyd – Shangula - December 17, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, doen ‘n beroep op Namibiërs om gehoorsaam aan die Covid-gesondheidsregulasies tydens die feesseisoen te wees. Namibiërs is verheug dat die land nie weer onderhewig aan ‘n aandklokreël is nie. Shangula sê die feesseisoen is ‘n feestelike tyd, maar ons moenie dat dit in hartseer eindig nie. Hy sê aan […]

Read More