
Voedselpryse sal aanhou styg - December 18, 2021
Sedert die begin van die Covid-19-pandemie het die pryse van basiese verbruiksartikels aanhou styg, so ook in Suid-Afrika. Die prys van ‘n basiese mandjie kos in die buurland in het sedert November verlede jaar met 254 Suid-Afrikaanse rand gestyg. Die projekorganiseerder van die Pietermaritzburg Ekonomiese Geregtigheid- en Waardigheidgroep, Mervyn Abrahams, sê die prys van voedsel […]
Die As: Engeland lei nog 3 punte skade - December 18, 2021
Engeland gaan nog drie punte skade ly op die tabel van die Wêreld-toetskampioenskap. Dis nadat bekend geword het hulle was agt boulbeurte agter op die kwota in die eerste toets om die As. Daar is vroeër aangekondig hulle verloor vyf punte, een vir elke boulbeurt waar hulle aanvanklik tekort geskiet het. Hulle is reeds met […]
Ghislaine se prokureurs sluit af - December 18, 2021
Prokureurs vir Ghislaine Maxwell het afgesluit en beskryf die staat se mensehandelsaak teen haar as ‘n onbewese saak. Maxwell, 59, sal ook nie in haar verhoor getuig nie. Haar span het nege getuies geroep in hulle saak. Sy ontken al die klagte teen haar wat insluit dat sy minderjarige meisies vir haar vriend, Jeffrey Epstein, […]
Zulu-koninginne ontvang 6 motors van KZN-premier - December 18, 2021
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het by die wetgewersgebou in Ulundi ses motors aan die koninginne van wyle koning Goodwill Zwelithini oorhandig. Zikalala het vroeër vanjaar 66 miljoen Suid-Afrikaanse rand begroot vir die nuwe AmaZulu koning, Misuzulu Zulu KaZwelithini, en sy gesin. Dis vir die 2021-2022-boekjaar. Die premier sê daar is begroot vir die […]
Nam kort miljarde vir klimaatsaanpassing - December 18, 2021
Die Namibiese minister van landbou Calle Schlettwein sê dat die noodsaaklikheid van kos en water die belangrikste van alle behoeftes is wat die mensdom kan hê. In die verband, is die eerste aanpassingsverslag van die regering aan die VN se klimaatsverandering-agentskap ingedien. Aanpasbaarheid word as uiters belangrik bestempel omdat klimaat besig is om onherroeplik te verander. Luidens die verslag het Namibië 27,3 miljard Namibiese dollar tussen 2021 en 2030 […]
Kanada hef S-Afrikaanse reisverbod op - December 18, 2021
Kanada het aangekondig die beperking op reisigers uit Suid-Afrika en ander Afrika-lande gaan opgehef word. Toetsvereistes gaan weer ingestel word weens die Omikron-variant van Covid-19 wat hospitale vinnig kan laat vol word. Reisbeperkings op vlugte uit Namibië, Suid-Afrika, Mosambiek, Botswana, Zimbabwe, Lesotho, Eswatini, Nigerië, Malawi en Egipte word môre opgehef. Voor-aankoms negatiewe toetse word van […]
Andy op sy stukke oor Rafa-oorwinning - December 18, 2021
Andy Murray van Brittanje was op sy stukke toe hy sy ou teenstander Rafael Nadal in skoon stelle by die Mubadala Wêreldkampioenskap geklop het. Die 34-jarige Murray het die 20-malige groottoernooi-kampioen met 6-3, 7-5 in die halfeindstryd van ‘n vertoontoernooi in Abu Dhabi geklop. Die wedstryd was die 35-jarige Nadal se eerste sedert ‘n voetbesering […]
Ovaherero-leiers vertrap die mense vir eie beswil - December 18, 2021
Die Ovaherero-volk is verdeeld, nie net oor die aanstelling van professor Mutjinde Katjiua as die aangewese opperhoof nie, maar ook in verband met die volksmoord ooreenkoms wat tussen die Namibiese en Duitse regerings onderteken is. Die leier van die Rally for Democracy and Progress, Mike Kavekotora sê dat van die Nasionale Vergadering, tot by die […]
Zuma-parool: verlof tot appèl is Dinsdag - December 18, 2021
Korrektiewe Dienste, saam met regslui vir oudpresident Jacob Zuma, sal Dinsdag in die Hooggeregshof in Pretoria aansoek doen vir verlof tot appèl in verband met die hof se beslissing dat Zuma moet terug gaan tronk toe. Regter Elias Matojane het die week beslis dat Zuma se mediese parool onwettig deur die hoof van die diens, […]
2021 was ook uitdagend vir die DBV - December 18, 2021
Die jaar 2021 het talle hoogte- en laagtepunte vir almal, maar die hoogtepunte het beslis vir die Dierebeskermingsvereniging van Namibië uitgestaan. Die DBV het meer as 4 185 diere gered, 384 verlore troeteldiere met hul eienaars herenig, nuwe tuistes vir 494 diere gevind. Hulle het op 596 oproepe gereageer en 516 diere gesteriliseer. Die nasionale […]