Die Eagles wen die tweede kragmeting teen Suid-Afrika A - April 25, 2021

Krieket… Die Eagles het die tweede kragmeting in die Castle Lite -reeks teen Suid-Afrika A op die Wanderers in die hoofstad met vyf paaltjies gewen. ‘n 101 Lopie-vennootskap tussen Gerhard Erasmus en ‘n onoorwonne 103 deur JJ Smit het vir die Eagles se 194/5 in 20 boulbeurte gesorg om die Suid-Afrikaners se 190/5 met die […]

Read More

Laekoste lugredery Mango skort vlugte na Zanzibar op - April 25, 2021

Die Suid-Afrikaanse laekoste lugdiens, Mango het bekendgemaak dat hy sy vlugte na Zanzibar van vandag af gaan opskort, maar dat sy vlugte in die buurland sal voortgaan. Samesprekings met die regering en ander moontlike toekomstige vennote sal intussen voortgesit word om die finansiële verknorsing van die redery te bespreek en met voorstelle oor sy voortbestaan […]

Read More

Polisie ondersoek die gru-ongeluk waarin 10 mense sterf buite Nkurenkuru - April 25, 2021

Die name van die tien oorledens in Vrydagaand se gru-botsing reg van voor buite Nkurenkuru in Kavango-Wes is nog nie bekendgemaak nie. Die een voertuig het in die botsing aan die brand geraak en van die liggame is onherkenbaar verbrand.Die Namibiese polisie is besig met ‘n ondersoek oor die omstandighede van die botsing en om […]

Read More

Nog 102 leerders positief getoets vir Covid-19 - April 25, 2021

Daar was 102 leerders, 7 onderwysers en 11 gesondheidswerkers onder die 288 nuwe Covid-19 gevalle wat in die land bevestig is. Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar in Windhoek 42 gevalle is ,Okakarara 37, Rehoboth 28, Otjiwarongo 26 en Walvisbaai 25. Die res is landwyd versprei .Daar is steeds 1 702 aktiewe […]

Read More

Ondersoek geloods na noodlottige helikopter ongeluk in Zimbabwe - April 24, 2021

Die veiligheidsowerhede in Zimbabwe is besig met ‘n ondersoek op die toneel van gister se helikopter ongeluk waarin drie bemanningslede en ‘n kind dood is. Die helikopter van die buurland se lugmag het tydens ‘n opleidingsvlug op ‘n huis in Arcturus, sowat 30 kilometer oos van Harare neergestort.Die oorsaak van die ongeluk is volgens berigte […]

Read More

Kommer oor 53 bemanningslede van vermiste Indonesiese duikboot - April 24, 2021

Die hoop vervaag dat die 53 bemanningslede aan boord van die Indonesiese duikboot wat vermis geraak het ná ‘n torpedo-oefening in die see noord van die eiland Bali, lewend gevind sal word. Amerika, Australië en Indië het onderskeidelik ‘n duikboot-opsporingsvliegtuig, ‘n fregat met sonar-toerusting en ‘n helikopter, asook ‘n diepsee-reddingsvaartuig ontplooi om met die soek- […]

Read More

Nuwe malaria-entstof lyk effektief - April 24, 2021

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Oxford in Brittanje sê ‘n malaria-entstof is in vroeë proewe 77 persent effektief en kan ‘n groot deurbraak teen die siekte wees.Nuusagentskappe berig malaria neem jaarliks meer as 400-duisend lewens, meestal kinders in Afrika suid van die Sahara.Volgens die navorsers kan die entstof ‘n groot impak op gesondheid hê.

Read More

Minister reageer op Brave Warriors wat nie tuis sal speel nie - April 24, 2021

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Brave Warriors vir die eerste keer nie ‘n Wêreldbeker kwalifiserende wedstryd tuis speel nie. Die Konfederasie van Afrika-sokker het bevind die Sam Nujoma Stadion voldoen nie aan die standaarde van ‘n internasionale wedstryd nie. Fifa het ook onlangs gewaarsku dat die stadion op standaard gebring moet word. […]

Read More

Minister besoek Tafelberg-nasionale park na brande - April 24, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing, Barbara Creecy, besoek vandag die Tafelberg-nasionale park ná die veldbrand wat eiendom beskadig het en ‘n gebied van meer as 600-hektaar en ryk aan biodiversiteit, vernietig het. Creecy sal eerstehands sien wat die impak van die brand op gemeenskappe rondom die nasionale park in Kaapstad was. […]

Read More

Handré Pollard speel dalk vir die Britse en Ierse Leeus - April 24, 2021

Rugby: Die Springbok-losskakel Handré Pollard kan dalk beskikbaar wees vir die Britse en Ierse Leeus se toer in Suid-Afrika. Sy afrigter by Montpellier, Philippe Saint-Andre, het onthul dat Pollard in die komende weke weer sal kan begin speel. Hy was byna sewe maande lank op die krukkelys na ‘n knie-besering. Saint-Andre sê Pollard oefen hard […]

Read More