Damme vertoon goed, baie water die week benutMay 20, 2025

NamWater se jongste dambulletin dui aan dat sentrale bronne tans op 84,8 persent staan met amper 1,1 miljoen kubieke meter water wat in die afgelope week onttrek is – dit sluit oordragte vanaf Omatako na Von Bach. Swakoppoort is 98 persent vol, Von Bach het 82 persent en Omatako 68 persent. Otjivero in die Ooste is 51,1 persent vol met die slikdam op 24 persent. Hardap by Mariental is 74,8 persent vol met 1,7 miljoen kubiek wat die week benut is. Daar is ook 3,2 miljoen kubiek uit Neckartal gepomp en 700 000 kubiek uit Naute wat tans op 100,8 persent staan. Onaob by Rehoboth is op amper 76 persent.