Verpligte inentings weer in VSA deur hof ingestel - December 18, 2021

‘n Amerikaanse federale appèlhof het weer verpligte inenting vir groot maatskappye se werkenemers ingestel. Die bepaling is verlede maand in die hof betwis en gestaak. President Joe Biden het 4 Januarie as spertyd gestel vir maatskappye met meer as 100 werknemers om te verseker hulle word ingeënt. Die administrasie sê dit raak meer as twee-derdes […]

Read More

Bestuur asseblief versigtig, ligte aan, kom padreëls na - December 18, 2021

Padveiligheid is in die nuus met die vakansie wat begin het. Die feesseisoen het aangebreek en talle Namibiërs is op die paaie, veral na die Noorde en die kus. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative sê paaie na en in die kusgebiede is verskriklik besig en padgebruikers moet uiters versigtig bestuur. Oosthuizen gee […]

Read More

Werklose ma van 5 wen N$14m in lotto - December 18, 2021

‘n Werklose ma van vyf van Oudtshoorn in die Klein-Karoo het hierdie week se 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand Lotto-boerpot gewen. Die Nasionale lotery-operateur Ithuba sê sy het haar gesin met ‘n minimum maatskaplike toelaag onderhou. Die wenner, wie se naam nie bekend is nie, se eerste prioriteit is om na ‘n beter deel van Oudtshoorn […]

Read More

Duitsland berei voor op 5de vlaag - December 18, 2021

Duitsland se minister van Gesondheid, Karl Lauterbach, het die land gewaarsku om reg te maak vir ‘n massiewe vyfde vlaag weens die nuwe Omikron-variant. Hy sê al mag die virus minder ernstig as ander variante wees, kan sterftes vir twee of drie weke laag wees voordat die toename die voordeel uitwis. Duitsland het weer beperkings […]

Read More

Botswana en NantWorks werk saam aan Covid-, kanker-entstowwe - December 18, 2021

Botswana se president, Mokgweetsi Masisi het aangekondig dat sy regering ‘n memorandum van verstandhouding onderteken het met die Amerikaanse NantWorks van Patrick Soon-Shiong. Die bepalings van die ooreenkoms is dat NantWorks ‘n aanleg in die land sal vestig om Botswana by te staan met biologiese vervaardigingstegnologie vir entstowwe vir Covid-19 en kanker. NantWorks sal ook […]

Read More

Omikron: 2022 sal nes 2021 lyk - December 18, 2021

Internasionale media berig dat voorkoms van Omikron wetenskaplikes dwing om hulle verwagtinge van die pandemie vir 2022 aan te pas. Minder as vier weke gelede is daar voorspel dat die wêreld stadig maar seker volgende jaar onder Covid sal uitkom maar, Omikron ondermyn al die verwagtinge. Yanna Smith het meer.

Read More

KSA se transformasieverslag is eensydig – AfriForum - December 18, 2021

Die burgerregte-organisasie AfriForum het advokaat Dumisa Ntsebeza se verslag oor transformasie in Suid-Afrikaanse krieket as eensydig afgemaak. Die groep sê die verslag gaan net oor wit spelers as die skuldiges, maar verswyg wat hulle noem die blatante en institusionele diskriminasie en rassisme van die kwotastelsel. Die groep se bestuurder vir sport, Ronald Peters, verwerp die […]

Read More

Europese rugby-wedstryde uitgestel - December 18, 2021

Die naweek se Europese Kampioene-beker en Uitdaag-beker-wedstryde tussen klubs van die Verenigde Koninkryk en Frankryk is uitgestel, weens streng Covid-19-reis-regulasies. Organiseerders sê die stap is gedoen weens nuwe reis-bepalings tussen die lande, wat deur die Franse regering ingestel is. Frankryk het aangekondig dat hy nie-noodsaaklike reise tussen Frankryk en die VK gaan verbied in ‘n […]

Read More

Van weggooi-plastiek na plaveistene - December 18, 2021

‘n Nuwe projek in Rwanda sal plastiek herwin en plaveistene daarvan vervaardig. Die projek word befonds deur die land se Privaatsektor-federasie teen ‘n koste van 3 miljoen Amerikaanse dollar. Die ooreenkoms is reeds in Junie vanjaar tussen die federasie en die land se omgewingsowerheid onderteken. Volgens Prosper Muhirwa van die federasie, beskik hulle oor die […]

Read More

Geen kontakbesoeke by Korrektiewe Dienste nie - December 18, 2021

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het alle kontakbesoeke opgeskort as gevolg van toenemende Covid-gevalle in fasiliteite regoor die land. Luidens ‘n verklaring sê die diens dit is sy plig om gevangenes te beskerm. Op die oomblik is daar nege beamptes en nege gevangenes wat positief vir Covid-19 getoets het. Sedert die begin van die pandemie, is […]

Read More