Spanning tussen die Oekraïne en Rusland bly in die nuus - January 9, 2022

Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê Navo moet gereed wees ingeval die gesprek tussen Rusland en die Weste misluk. Jens Stoltenberg het gepraat te midde van voortslepende spanning op die Oekraïense grens. Buitelandse Sake-ministers van die militêre alliansie het per video-oproep vergader om hulle benadering tot die situasie te bespreek. Die organisasie berei voor […]

Read More

Goosen word onder-20 skopafrigter by die Bulls - January 9, 2022

Rugby: Die president van die Bulls, Willem Strauss, sê die losskakel, Johan Goosen, is as ‘n afrigter by die klub aangestel. Die 29-jarige voormalige Springbok het in Oktober verlede jaar ‘n knie-ligament geskeur. Hy sal na ‘n suksesvolle operasie vir die volgende agt tot nege maande rehabilitasie ondergaan. Goosen sal die Bulls se onder-20 skop-afrigter […]

Read More

Ramaphosa oor wangedrag in die ANC - January 9, 2022

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die ANC moet wangedrag deur sommige van sy lede onmiddellik stopsit. Dit moet gebeur terwyl die party ongetwyfeld homself vernuwe en herposisioneer. Hy sê die vernuwing gaan oor die verbetering van die party se vermoë om doeltreffend aandag te gee aan mense se kommer en kwessies, as ‘n beweging en […]

Read More

Verkeer neem toe op van die land se hoofroetes - January 9, 2022

Verkeer op van die land se hoofroetes het begin toeneem met die laaste vakansiegangers wat op pad terug huis toe is na die feesseisoen. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement het motoriste gemaan om versigtig te bestuur..

Read More

Naomi Osaka het onttrek aan die opwarmingstoernooi vir die Australiese Ope - January 9, 2022

Tennis: Naomi Osaka het onttrek aan die opwarmingstoernooi vir die Australiese Ope. Die verdedigende kampioen sê haar liggaam het skok opgedoen ná sy haar eerste wedstryde in vier maande gespeel het. Dit volg op haar tranerige vroeë uittrede by die Amerikaanse Ope. Die Japanese ster het daarna ‘n lang blaaskans geneem om persoonlike sake te […]

Read More

21 Mense sterf in verkeersopeenhoping in Pakistan - January 9, 2022

Ten minste 21 mense het gesterf in ‘n reuse verkeersopeenhoping in Pakistan. Dié verkeersknoop is veroorsaak deur tien-duisende besoekers wat op ‘n heuweldorpie toegesak het om ongewone swaar sneeuval te sien. Die polisie berig ten minste agt mense het in hulle motors verkluim. Die minister van Binnelandse Sake, Sheikh Rashid, sê die weermag is ontplooi […]

Read More

Meer as 300 miljoen mense het wêreldwyd Covid-19 aangemeld - January 9, 2022

Die totale aantal Covid-19-gevalle wat wêreldwyd aangemeld is, het die 300-miljoen merk verbygesteek. Die Omikron-variant se vinnige verspreiding het nuwe infeksie-rekords in verskeie lande veroorsaak. Vier-en-dertig lande het hulle grootste aantal weeklikse gevalle sedert die begin van die pandemie aangemeld, insluitend 18 nasies in Europa en sewe in Afrika. AFP berig dit lyk nietemin asof […]

Read More

Kinderadvokaat oor ouers se verantwoordelikheid - January 9, 2022

Die kinderadvokaat in die kantoor van die Namibiese Ombudsman, advokaat Ingrid Husselmann, het gereageer op berigte dat sommige ma’s hulle kinders in huise toesluit sonder die toesig van ‘n volwasse. Volgens haar is, dit ‘n misdaad, en moet sulke ouers gerapporteer word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..

Read More

Namibiese krieket gereed vir 2022 - January 9, 2022

Krieket.. Namibië het 2021 op ‘n hoë noot afgesluit en krieketspelers hoop hulle kan in die nuwe jaar nog met talle met seges seevier. Johan Muller, Krieket Namibië se uitvoerende hoof het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is verskeie toernooie vir die mans- en vrouespanne, ook op internasionale vlak, vanjaar..

Read More

Cele oor kragonderbreking tydens Ramaphosa se toespraak - January 9, 2022

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig die kragonderbreking tydens president Cyril Ramaphosa se toespraak by die party se fondsinsamelings-gala Vrydagaand, was nie per toeval nie. Cele het aan joernaliste in Polokwane gesê die polisie ondersoek die saak. Sekerheidsbeamptes het Ramaphosa en adjunkpresident David Mabuza kort na die onderbreking vinnig uit die hotel […]

Read More