
Drukgroep sal Botswana-uitspraak oor skietdood van 4 bywoon - January 10, 2022
Die herrie rondom die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef in November 2020 teen die Botswana-grens duur voort. Die Namibian Lives Matter-beweging sal na Botswana reis om die uitspraak van die buurland se doodsondersoek aan te hoor wat op 20 Januarie gelewer sal word. Dit kom nadat die beweging verlede jaar die hof […]
Filippyne kort dringend hulp, sê VN - January 10, 2022
Die Verenigde Nasies vra ‘n bedrag van 1,67 miljard Namibiese dollar om die herstelproses in die Filippyne ná super-tifoon Rai te ondersteun. Die Wêreld-voedselprogram het 390 miljoen dollar van dié bedrag gevra vir kos, logistieke en telekommunikasie-ondersteuning. Die agentskap se direkteur in die land, Brenda Barton, sê tot op datum het dit slegs 73 miljoen […]
Job eis toilette in banke - January 10, 2022
Die voormalige burgemeester van Windhoek en leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda blyk om sy fokus te verskuif het na verbruikerskwessies. In ‘n skrywe aan die Bank van Namibië se goewerneur Johannes !Gawaxab sê Amupanda dat banke miljoene dollar jaarliks in winste verdien en dat kliënte sommige tye tot twee ure in die banke […]
Sommige leerders begin eers die 24ste die skooljaar - January 10, 2022
Die Namibiese ministerie van onderwys het redes verskaf waarom sommige leerders eers die 24ste van hierdie maand sal teruggaan skool toe. Volgens Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur by die Namibiese ministerie is dit weens die laat eksamen wat tans aan die gang is. Bohn het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Goeie besluit om studentebefondsing se aansoeksperdatum uit te stel - January 10, 2022
Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, het die uitstel van die sluitingsdatum vir studente befondsing-aansoeke, verwelkom. Hy sê dit bied ‘n welkome geleentheid aan studente wat die vorige sperdatum misgeloop het. Makaneta voeg by hy hoop teen die 21ste van hierdie maand sal al die studente aanlyn-aansoeke voltooi het, dat dit toonaangewend vir die jaar sal […]
Akteur Bob Saget dood aangetref in hotelkamer - January 10, 2022
Die Amerikaanse akteur en komediant, Bob Saget, is dood aangetref in sy hotelkamer in Florida. Die 65-jarige Saget was veral bekend vir sy rol as die pa in die gewilde sitkom, Full House, wat van 1987 tot 1995 op die kassie was. Personeel by die Ritz-Carlton Hotel in Orlando het die polisie en paramedici gebel […]
Djokovic se appèl is aan die gang - January 10, 2022
‘n Regter het ‘n aansoek deur die Australiese regering om Novak Djokovic se appèl teen deportasie te vertraag, van die hand gewys. Die regering wou die verdedigende Australiese Ope-kampioen se hofaansoek na Woensdag uitstel maar dit het soos beplan, vanoggend om een-uur Namibiese tyd begin. Djokovic is toegang tot Australië geweier nadat hy verlede week […]
Daar is 449 nuwe Covid-19 gevalle in die land - January 9, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie het 449 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 73, Oshikuku 63, Oshakati 43, Onandjokwe 26 en Rundu 25. Die res kom landwyd voor. Daar is 30 leerders , 15 gesondheidswerkers 9 onderwysers en 9 studente onder die nuwe gevalle.
Verkeersvolumes neem toe op van die hoofroetes - January 9, 2022
Verkeersvolumes het volgens die Namibiese verkeersowerhede begin toeneem op veral die roetes van die kus en die noorde van die land na die hoofstad met die laaste vakansiegangers wat op pad terug huis toe is na die feesseisoen.Hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement het motoriste gemaan om versigtig te bestuur ..
ANC vra dat die buurland se regering die instel van inentingsmandate vir sekere omgewings en bedrywighede af handel - January 9, 2022
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party doen ‘n beroep op die buurland se regering om ‘n beleid oor die instel van inentingsmandate vir sekere omgewings en bedrywighede af te handel. So ‘n beleid sal ‘n waardevolle toevoeging wees tot die instrumente om Covid-19 te beperk en bestuur. Ramaphosa voeg by die ANC steun ook […]