
SA polisieminster prys vroulike polisielede - January 27, 2022
Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het vroulike polisielede geprys vir hul prestasies in die mag en vir hul integriteit en uitnemendheid. Cele sê vroulike bemagtiging in die SAPD moet erkenning ontvang. Die minister het ook hulde gebring aan alle lede van die SAPD vir die opofferings wat gemaak is om veiligheid […]
Eskom sê risiko vir beurtkrag bly steeds hoog - January 27, 2022
Die Suid-Afrikaanse krag-opwekker Eskom sê die risiko vir beurtkrag bly steeds hoog, en het vandag gevra dat inwoners steeds hul kragverbruik beperk, om sodoende die nasionale kragnetwerk te beskerm. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter het vroeër vandag tydens ‘n aanlyn vergadering, gesê dat die Medupi-kragstasie nog vir ‘n tyd lank buite aksie sal […]
NLU-president sê Neckartal-besproeiingsprojek het potensiaal - January 27, 2022
Die Namibiese kabinet gaan ‘n voorstel vir openbare-private vennootskap oorweeg vir die ontwikkeling van ‘n 5 000 hektaar besproeiingskema by die oorvloeiende Neckartal-dam, het die landbouminister Calle Schlettwein aan die Namibiese dagblad New Era gesê. Sodra dit geïmplementeer is, sal dit voedselsekuriteit en ekonomiese ontwikkeling vir die Karas-streek beteken. Piet Gouws, die president van die […]
FNB SA sê rentekoersstyging sal impak op verbruikers hê - January 27, 2022
FNB in die buurland het gereageer op die Reserwebank se aangekondiging dat die terugkoopkoers styg met 25 basispunte tot vier persent. Dit sal handelsbanke se prima-uitleenkoers tot 7,5 persent verhoog. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, sê verbruikersinflasie het vir die jaar tot Desember 5,9 persent beloop, wat die grootste verhoging in byna vyf […]
Polisie ondersoek bewerings van seksuele wangedrag van Albert Fritz - January 27, 2022
Die polisie het begin met ‘n ondersoek na die bewerings van seksuele aanranding teen die geskorste LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz. Die polisie het gereageer op navrae oor ‘n brief van die ANC waarin versoek is dat die saak ondersoek word. Volgens ‘n woordvoerder, Novela Potelwa, wag hulle op dokumentasie voordat ‘n […]
DA in Oos-Kaap bevraagteken oorsaak van gebrek aan lugmediese dienste - January 27, 2022
Die DA in die Oos-Kaap bevraagteken die oorsaak van die vertraging met die terugkeer van die provinsie se lugmediese dienste. Die DA se provinsiale gesondheidswoordvoerder, Jane Cowley, sê die LUR vir Gesondheid, Nomakhosazana Meth, moet aanspreeklik gehou word vir die versuim om die diens aan die gang te kry. Cowley sê die diens is noodsaaklik […]
Ministerie van internasionale betrekkinge wis niks van Angolese - January 27, 2022
Skaars drie weke nadat die eerste Angolese vlugtelinge per bus terug na hul land gerepatrieer is, is hulle weer terug in Namibië, maar die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge weet nie hiervan nie. Volgens plaaslike media, is daar reeds 70 wat hulle pad teruggevind het en hulle kamp tans uit naby Helao Nafidi. Hulle sê […]
Twee Beitbrug-beamptes vas oor korrupsie - January 27, 2022
Die Valke in Limpopo het twee sekerheidsbeamptes by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem op bewerings van korrupsie, diefstal van ‘n motorvoertuig, oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns, en regsverydeling. Hulle sou vandag in Musina se landdroshof verskyn. ‘n Woordvoerder van die Valke, Matimba Maluleke, sê ‘n vragmotorbestuurder wat voorheen gearresteer is en met […]
Ash Barty en Danielle Collins pak mekaar in eindstryd - January 27, 2022
Tennis: Wêreld nommer een Ash Barty en die Amerikaner Danielle Collins sal Saterdag meeding om die Daphne Akhurst-gedenkbeker. Die plaaslike speler het Madison Keys van Amerika in die eerste halfeindstryd van die Australiese Ope sonder moeite verslaan met 6-1, 6-3, terwyl Collins afgereken het met Iga Swiatek van Pole. In die mansafdeling sal die 2009-kampioen, Rafael Nadal van Spanje, môre teen die Italianer Matteo Berrettini te staan […]
Booys borgtog geweier, Jordaan kry borg van N$100 000 - January 27, 2022
Dit was ‘n gemengde uitkoms vandag by die landdroshof in Okahandja. Uitspraak is gelewer in die borgtogaansoek van Steve ‘Biko’ Booys, die omstrede Swapo-streeksraadslid vir Okahandja. Die aansoek is van die hand gewys. Intussen het dr. Danie Jordaan wat Vrydag verlede week sy eerste verskyning gemaak het in verband met wildmisdaad-klagte wat die onwettige jag, […]