
Nestle neem stappe teen kinderarbeid - January 28, 2022
Die internasionale voedselmaatskappy Nestle sê hy sal voortaan kakao-boere kontant betaal indien hulle hul kinders skool toe stuur eerder as om hulle by die boerdery te betrek. Die stap vorm deel van maatreëls wat afgedwing is deur verbruikers, beleggers en regerings dat die sjokolade-bedryf meer billik word en nie kinderarbeid benut nie. Die maatskappy sal […]
Blitsbokke moenie gerus raak nie - January 28, 2022
Die afrigter van die Blitsbokke, Neil Powell, sê oorgerustheid mag die naweek nie deel van dié span se woordeskat wees nie. Die Blitsbokke het momentum en selfvertroue in aanloop tot die vierde toernooi van die Sewes-wêreldreeks in Spanje. Hulle het die vorige drie toernooie dié seisoen gewen. Powell sê hulle hoop steeds op die volmaakte […]
ANC-regering behou sy standpunt oor Israel - January 28, 2022
Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge sê hy neem kennis van opmerkings oor die status van diplomatieke bande tussen Suid-Afrika en Israel. President Cyril Ramaphosa het die week ‘n geloofsbrief van die nuwe Israeliese ambassadeur in Suid-Afrika ontvang. Die departement het verlede jaar die Afrika-unie se besluit gekritiseer om aan Israel waarnemerstatus toe te staan. […]
Biden sê die beste lê nog voor - January 28, 2022
President Joe Biden sê die VSA is deur twee van sy moeilikste jare nog en uitdagings duur voort. Maar, hy meen dat met beheer oor inflasie, die skerp groei in die ekonomie en die beskikbare behandelings en entstowwe teen Covid, lê die beste dae nog vir Amerikaners voor.
Namcor sê 82% is gespuit - January 28, 2022
Namcor, wat verpligte Covid-inentings as beleid ingestel het, sê 82 persent van sy personeel is ten volle ingeënt. Die Windhoek hoofkantoor het tans 84 persent dekking met die oliebergingsfasiliteit in Walvisbaai op 80 persent. Sy aanlegte op Otjiwarongo en Gobabis het net 55 persent dekking. Die maatskappy het verskeie pogings ingespan om inentings te bevorder […]
Kaping-verdagtes verskyn vandag - January 28, 2022
Die ses mans wat van die nou-berigte kaping in die hoofstad beskuldig word, sal vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Die ses het na wat beweer word, ‘n 27-jarige vrou Sondagaand by die afrit van Florence Nightingale-straat gekaap. Die voertuig is later naby Goreangab gevind met onderdele wat gesteel is. Drie van die mans het polisie-uniforms […]
Stellings oor inentings en vroue ‘verkeerdelik’ aangehaal in buurland - January 28, 2022
Die Suid-Afrikaanse Geslagsgelykheidskommissie het sy omstrede verklaring teruggetrek oor die uitwerking van Covid-19-inentings op vroue se voortplantingsgesondheid. Hy sê dit is verkeerdelik uit ‘n artikel uit ‘n mediese joernaal aangehaal. Die kommissie het gesê verpligte inentings is verkeerd, veral vir vrugbare vroue. Die Departement van Gesondheid het die verklaring gekritiseer en gesê die kommissie het […]
Groot reën op pad – Hardap se sluise sal moet oop - January 28, 2022
Baie swaar neerslae word volgende week in die land verwag. Volgens Landwater se Stormbaron, het die sogenaamde “swaarreën-aanvangsdae” vorentoe gespring en in Suid-Afrika sal dit van vandag af begin toeneem. Plaaslik, sê Landwater sal die oorblyfsels van Ana vanaf môre in die Zambezi-streek voorkom. Daar word gewaarsku dat groot watervolumes op pad is met wydverspreide […]
Mielieprodusente sal volgende week laaste saad in die grond in sit - January 28, 2022
Mielieprodusente moes vir ‘n geruime tyd vir goeie reënval wag voor hulle kon begin plant. Alhoewel hulle effens laat reën ontvang het, is die meeste saad reeds in die grond. Gernot Eggert, een van Namibië se voorste produsente, sê die laaste mielies sal volgende week geplant word, ver verby die bekende afsnypunt van die Kaisersgeburtstag […]
2003 teenliggaampie werk teen Covid-19 - January 28, 2022
Die Duke Instituut vir Menslike Entstowwe in Noord-Carolina in die VSA is besig met navorsing op ‘n universele entstof teen korona. Volgens berigte, is ‘n teenliggampie in ‘n SARS-COV1 pasiënt in 2003 geïsoleer en die teenliggaampie is uiters doeltreffend teen Covid-19, die nuwe SARS-COV2. Wetenskaplikes het bevind dat daar sekere dele is van die virus […]