Leefstyl oudits word deurentyd uitgevoer

Plaaslike media berig dat leefstyl oudits deurentyd uitgevoer word, al word daar nie daaroor berig in die media nie. Die pas aangestelde hoof van die Namibiese Inkomste-agentskap, Kommissaris Sam Shivute sê owerhede het belasting oudits uitgevoer wat veroorsaak het dat miljoene terugbetaal is aan die staat. Volgens hom hou die Finansiële Intelligensie Sentrum rekenings dop […]

Read More

Jeugspele sal vanjaar beter wees

Die Hoof Administrateur van die Namibiese Sportkommissie Freddy Mwiya sê ‘n terugblik na verlede jaar die Nasionale Jeugspele by Rietfontein het baie lesse na vore gebring. Volgens Mwiya het samesprekings met die hoof borg, MTC, ook vrugte afgewerp om vanjaar ‘n beter geleentheid aan te bied. Mwiya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Verwagtinge oor Staatsrede

President Hage Geingob sal Donderdag middag om half-3 sy Staatsrede lewer. Die Nasionale Vergadering het die aankondiging gemaak. Die plaaslike Politieke Analis Dr Ndumba Kamwanyah het sy verwagtinge so verwoord.

Read More

Betoging oor ‘haatmisdaad’

Die Suid-Afrikaanse menseregtegroep Gay en Lesbiese Alliansie van Suid-Afrika beplan vanoggend ‘n plakkaatbetoging buite die Distrikshof in Kariega, voorheen Uitenhage, voor die hofverskyning van ‘n man wat van die moord en verminking van Andile Ntuthela aangekla word. Ntuthela is na bewering die naweek in die buurland in ‘n haatmisdaad vermoor omdat hy gay was. Daar […]

Read More

Nuska is in Namibië sedert 2008 geregistreer

Meer besonderhede is bekend in die aantygings wat die leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, Job Amupanda teen Namdia gemaak het. Amupanda beweer die maatskappy Nuska Tegnologie is aangestel om diamant waardasies vir Namdia te doen, terwyl C-Sixty Beleggings volgens hom reeds daarvoor betaal word. Volgens Amupanda is dit ‘n Israelse maatskappy maar, Nuska Tegnologie […]

Read More

Jemen het dringend bystand nodig

Die Verenigde Nasies se Vlugtelinge-agentskap sê Jemen ervaar die wêreld se ergste humanitêre katastrofe wat vererger word deur die Covid-19 pandemie en onlangs ook swaar reën wat kitsvloede veroorsaak het. Sowat 24 miljoen mense in die land het steeds bystand nodig. Die agentskap se Goedgunstigheidsambassadeur, Cate Blanchett, sê erge wanvoeding, armoede, volgehoue konflik en gebrek […]

Read More

Namdia sal later oor Nuska sê

Die leier van die Regstellende Herposionering Beweging Job Amupanda het verdoemende dokumente in verband met die Namibiese diamant handel maatskappy Namdia pas bekend gemaak. Luidens dokumente het ‘n Israelse maatskappy Nuska Tegnologie ‘n faktuur van net minder as 3,4 miljoen Namibiese doller aan Namdia gestuur vir waardasies op ‘n groot getal diamante. Dit, volgens Amupanda, […]

Read More

Karas-produsente moet by AMTA aansluit

Die Besturende Direkteur van die Landbou Bemarking en Handel-agentskap, bekend as AMTA, Lucas Lungameni het boere in die Karas-streek gevra om by die agentskap te registreer en sodoende hulle produkte deur AMTA te verkoop. Lungameni sê dit sal die verkoop van hulle produkte vergemaklik en ook boere bystaan oor aanvraag in die mark. Boere in […]

Read More

Malusi se eks-vrou getuig later

Die vervreemde vrou van die gewese Suid-Afrikaanse Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, gaan na verwagting later vandag opspraakwekkende getuienis lewer voor die staatskapingskommissie. Norma Mngoma se verskyning volg nadat Gigaba misluk het met pogings om haar getuienis ontoelaatbaar te laat verklaar, of haar agter geslote deure te laat getuig. Sy het in die verlede […]

Read More

Eskom verkoop onderbenutte bates

Eskom het twee geboue in die land aan die Departement Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie verkoop om universiteit-studente se behuisings-behoeftes te probeer verlig en ook vir maatskaplike behuising voorsiening te maak. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die verkoop van die twee hoë geboue in Kimberley en Johannesburg het 76,1 miljoen Namibiese doller vir Eskom verseker. Mantshantsha […]

Read More