Leefstyl oudits word deurentyd uitgevoer

Plaaslike media berig dat leefstyl oudits deurentyd uitgevoer word, al word daar nie daaroor berig in die media nie. Die pas aangestelde hoof van die Namibiese Inkomste-agentskap, Kommissaris Sam Shivute sê owerhede het belasting oudits uitgevoer wat veroorsaak het dat miljoene terugbetaal is aan die staat. Volgens hom hou die Finansiële Intelligensie Sentrum rekenings dop en sou daar verdagte oorbetalings gedoen word, word dit by belasting owerhede aangemeld. Shivute het ook gesê dat persone wat bo hulle inkomste lewe op die agentskap se radar is maar dat die ondersoeke vertroulik is en so sal bly.