Tien wildmisdadigers met talle produkte in Namibië vasgetrek

Altesaam tien vermeende wildmisdadigers is in verband met agt wildmisdaadsake in hegtenis in Namibië geneem, lui die weeklikse wildmisdaadverslag. Beslag is op sewe olifanttande, twee elk luislangvelle, wildevarkkarkasse en krokodilvelle gelê, asook en een elk lewende ietermagô, impala- en gemsbokkarkas.

Read More

Ramaphosa vergader met sakelui oor onluste

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa vergader aanlyn met meer as 90 uitvoerende hoofde en leiers van sleutelbedrywe wat verlede week veral in Gauteng en KwaZulu-Natal deur die burgerlike oproerigheid geraak is. Tydens die vergadering sal die stappe bespreek word wat die regering en sakeondernemings gaan instel om verlede week se skade vinnig te herstel en te […]

Read More

Dit reën katte en honde in Kaapstad

Reënweer het Kaapstad vandag al getref en die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat nog ‘n kouefront môre in die gebied sal aankom. ‘n Woordvoerder van die Stad Kaapstad sê die voorspelling sluit hewige reënbuie en ysige koue in. Die stad se dienste is gereed om enige weerverwante situasie te hanteer. Sy sê die raad verskaf soveel […]

Read More

ActionSA glo plaaslike verkiesing kan vry en regverdig wees

ActionSA glo nie die plaaslike regeringsverkiesing moet ten alle koste voortgaan nie, maar moet eerder gerig word deur die heersende besmettings- en immuniteitsvlakke van Suid-Afrikaners. Die nasionale voorsitter, Michael Beaumont, het gereageer op oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se aanbeveling dat die verkiesing tot Februarie volgende jaar uitgestel word. Hy glo die land is in staat om […]

Read More

Talle vermistes nog vermis ná onluste in KwaZulu-Natal

Die EFF-parlementslid Sibongile Khawula sê baie gesinne soek nog na lede wat tydens die oproer en plundery in KwaZulu-Natal verdwyn het. Sy het op ‘n parlementêre komiteevergadering in Chatsworth bygevoeg dat die komitee eerder hierop moet fokus as om oor afgebrande winkelsentrums en geplunderde OTM’s en winkels te praat. Die minister van Polisie, Bheki Cele, […]

Read More

Kouefront môre in Suide en duur die res van die week voort

Kleinveeboere in die suide van Namibië word gewaarsku oor die komende kouefront wat môre die land binnekom en vir die res week gaan voortduur. Intussen het reënweer Kaapstad vandag al getref en die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat nog ‘n kouefront môre in die gebied sal aankom. Namibiese Weervoorspeller Richard Nashikaku gee sy voorspelling vir Namibië […]

Read More

SA landboubedryf beleef positiewe seisoen

Die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer sê die land beleef ‘n positiewe produksie-seisoen. Dit volg nadat die Wes-Kaap, waar meer as twee-derdes van die land se wintergewasse verbou word, sedert die begin van Mei goeie reën gekry het. Die kamer se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo, sê die afgelope weke se koue weer het ook gunstige toestande vir die gewasse […]

Read More

SA plaaslike regeringsverkiesing uitgestel

Die gewese adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke het aanbeveel dat die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsverkiesing uitgestel word. Hy het ‘n verslag vrygestel oor die haalbaarheid van ‘n verkiesing te midde van ‘n pandemie. Die verslag is saamgestel ná sowat vier-duisend voorleggings deur die publiek, politieke partye en gesondheidskenners oor moontlike gevare indien die verkiesing voortgaan. Landsburgers sou op […]

Read More

Prins Harry wil Lilibet Diana voor koningin Elizabeth doop

Prins Harry en sy vrou, Meghan, beplan om hul dogter, Lilibet Diana, voor koningin Elizabeth by die Windsor-kasteel te doop, sê ‘n koninklike bron. Volgens die bron is die egpaar bereid om te wag totdat die omstandighede dit toelaat.  

Read More

Meer as 530 vee op Otjiwarongo se dorpsgrond gekonfiskeer

Daar is vandag op meer as 530 vee beslag op Otjiwarongo gelê wat aan boere behoort wat die dorpsgrond onwettig beset. Daniel Pavaza van die Otjiwarongo-munisipaliteit het gesê beslag is gelê op altesaam 300 bokke, 203 skape en 30 beeste. Hy het gesê nog vee gaan môre, oormôre en Vrydag gekonfiskeer word.

Read More