Ramaphosa vergader met sakelui oor onluste

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa vergader aanlyn met meer as 90 uitvoerende hoofde en leiers van sleutelbedrywe wat verlede week veral in Gauteng en KwaZulu-Natal deur die burgerlike oproerigheid geraak is. Tydens die vergadering sal die stappe bespreek word wat die regering en sakeondernemings gaan instel om verlede week se skade vinnig te herstel en te herbou. Die premiers van Gauteng en KwaZulu-Natal en verskeie kabinetslede sal dit bywoon.