SA landboubedryf beleef positiewe seisoen

Die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer sê die land beleef ‘n positiewe produksie-seisoen. Dit volg nadat die Wes-Kaap, waar meer as twee-derdes van die land se wintergewasse verbou word, sedert die begin van Mei goeie reën gekry het. Die kamer se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo, sê die afgelope weke se koue weer het ook gunstige toestande vir die gewasse geskep. Die optimistiese vooruitsigte sluit koring, kanola en gars in.