Dit reën katte en honde in Kaapstad

Reënweer het Kaapstad vandag al getref en die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat nog ‘n kouefront môre in die gebied sal aankom. ‘n Woordvoerder van die Stad Kaapstad sê die voorspelling sluit hewige reënbuie en ysige koue in. Die stad se dienste is gereed om enige weerverwante situasie te hanteer. Sy sê die raad verskaf soveel bystand as moontlik aan gemeenskappe wat geraak word. Charlotte Powel van Stad Kaapstad is aan die woord.