SA plaaslike regeringsverkiesing uitgestel

Die gewese adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke het aanbeveel dat die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsverkiesing uitgestel word. Hy het ‘n verslag vrygestel oor die haalbaarheid van ‘n verkiesing te midde van ‘n pandemie. Die verslag is saamgestel ná sowat vier-duisend voorleggings deur die publiek, politieke partye en gesondheidskenners oor moontlike gevare indien die verkiesing voortgaan. Landsburgers sou op 27 Oktober hul kruisies trek, maar Moseneke beveel aan dat die verkiesing tot Februarie uitgestel word.