Kouefront môre in Suide en duur die res van die week voort

Kleinveeboere in die suide van Namibië word gewaarsku oor die komende kouefront wat môre die land binnekom en vir die res week gaan voortduur. Intussen het reënweer Kaapstad vandag al getref en die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat nog ‘n kouefront môre in die gebied sal aankom. Namibiese Weervoorspeller Richard Nashikaku gee sy voorspelling vir Namibië aan Kosmos 94.1 Nuus.