ActionSA glo plaaslike verkiesing kan vry en regverdig wees

ActionSA glo nie die plaaslike regeringsverkiesing moet ten alle koste voortgaan nie, maar moet eerder gerig word deur die heersende besmettings- en immuniteitsvlakke van Suid-Afrikaners. Die nasionale voorsitter, Michael Beaumont, het gereageer op oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se aanbeveling dat die verkiesing tot Februarie volgende jaar uitgestel word. Hy glo die land is in staat om ‘n veilige, vrye en regverdige verkiesing te hou soos ander lande reggekry het.