Biden stel sankies in teen Rusland

Die VSA het omvattende sanksies teen Rusland ingestel weens inmenging by die verkiesing, kuberkrakery en ander skadelike buitelandse aktiwiteite. President Joe Biden het ‘n uitvoerende bevel uitgereik waarvolgens die beperkings uitgebrei word op Amerikaanse banke wat Russiese staatskuld hanteer. Tien diplomate, waaronder vermeende spioene, is geskors en sanksies is ingestel teen 32 individue wat beskuldig […]

Read More

Leerders weer die meeste gevalle

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 134 nuwe gevalle van Covid in die land bevestig uit 1 491 toetse. Die Khomas-streek het 35 terwyl Erongo 29 het. In Karas is daar 13 met Otjozondjupa en Oshana met 12 elk. Kunene het 10. Die res is landwyd versprei. Daar is 18 leerders van 4 skole, 4 […]

Read More

Red Bull sal beter vaar in Imola

Lewis Hamilton en sy Mercedes-span verwag Max Verstappen en Red Bull sal beter doen by die naweek se Grand Prix in Imola, Italië. Hamilton, die sewemalige kampioen, sê dit sal ‘n uitdaging wees om sy 2020-oorwinning oor die Nederlandse bestuurder te herhaal. Die Brit moes alles uithaal by die seisoen se eerste wedren in Bahrein […]

Read More

Nie diesel nie, riool

‘n Video wat op sosiale media versprei is het almal op hol gehad. Luidens die beeldmateriaal het ‘n Namibiese polisie vragmotor brandstof by die Adjunkpresident Nangolo Mbumba se plaas in die Otjozondjupa-streek afgelaai. Volgens die Namibiese polisie is dit die mag se riool vragmotor wat die polisie akkommodasie op Mbumba se plaas gaan diens het. […]

Read More

Bok afrigters en bestuur ontmoet

Die Springbok-afrigters en -bestuur het met gekeurde spelers van regoor die land vergader ter voorbereiding van vanjaar se toets-seisoen. Die uitdagende program sluit die reeks teen die Britse en Ierse Leeus, die Rugby-kampioenskap en die toer na Europa aan die einde van die jaar in. Die Hoofafrigter Jacques Nienaber sê sommige spelers het mekaar die […]

Read More

Vrou in Australië sterf na entstof, nie AZ nie

Federale gesondheidsowerhede in Australië ondersoek die dood van ‘n 48-jarige diabeet van Nieu-Suid-Wallis wat bloedklonte ontwikkel het nadat sy ‘n Covid-19 inenting gekry het. Aanvanklike toetse kon nie ‘n definitiewe skakel met die inenting vind nie. Dit is ook nie duidelik watter produk die vrou ontvang het nie, maar die gebruik van die AstraZeneca-entstof is […]

Read More

Kommunale boere kry swaar bo die rooilyn

Die Namibiese Nasionale Boere Unie wat meestens kommunale boere regoor die land verteenwoordig, ondersteun pogings om die sogenaamde rooilyn te verwyder. Die heining is opgerig om die kommersiële gebied te beskerm teen bek- en klouseer wat endemies in die noorde voorkom. Terwyl die heining uitvoere van beesvleis beskerm, is mark toegang vir boere noord van […]

Read More

Swartbooi maak ommekeer?

Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swarbooi het klaarblyklik vandag ‘n ommekeer gemaak in sy gedrag tydens die Staatsrede. Die chaos van laasjaar was nêrens te sien nie en inteendeel, Swartbooi het President Hage Geingob bedank.

Read More

Inenting is beter as Covid…

Die Voorsitter van die Regulerende Owerheid vir Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte, bekend as SAHPRA, sê die voordeel van Covid-19 entstowwe vir die samelewing weeg steeds baie swaarder as enige potensiële risiko’s … dit terwyl plaaslike gesondheidskenners en regeringsamptenare vandag vergader om die uiters seldsame verslae van bloedklonte in Amerika te bespreek, na die toediening van die Johnson […]

Read More

Miljarde aan maatskaplike ondersteuning

Die maatskaplike ondersteuningsnetwerk van die Swapo-regering brei jaarliks uit en volgens President Hage Geingob, is dat 6 miljard Namibiese doller bestee in die vorige finansiële jaar op toelaes en voedingskemas. Die skoolvoedingsprogam voorsien ‘n maaltyd aan meer as helfte van Namibië se skoolgaande kinders en sal uitgebrei word… En, ‘n Geingob het melding gemaak van […]

Read More