Nie diesel nie, riool

‘n Video wat op sosiale media versprei is het almal op hol gehad. Luidens die beeldmateriaal het ‘n Namibiese polisie vragmotor brandstof by die Adjunkpresident Nangolo Mbumba se plaas in die Otjozondjupa-streek afgelaai. Volgens die Namibiese polisie is dit die mag se riool vragmotor wat die polisie akkommodasie op Mbumba se plaas gaan diens het. Owerhede het die man wat die video gemaak het, ‘n 40-jarige vragmotor bestuurder opgespoor. Hy het om verskoning gevra maar dit is nog nie duidelik op klagte teen hom gelê sal word nie.