Vrou in Australië sterf na entstof, nie AZ nie

Federale gesondheidsowerhede in Australië ondersoek die dood van ‘n 48-jarige diabeet van Nieu-Suid-Wallis wat bloedklonte ontwikkel het nadat sy ‘n Covid-19 inenting gekry het. Aanvanklike toetse kon nie ‘n definitiewe skakel met die inenting vind nie. Dit is ook nie duidelik watter produk die vrou ontvang het nie, maar die gebruik van die AstraZeneca-entstof is reeds beperk in Australië. Die land het ‘n bykomende 20 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof verkry, wat in die laaste kwartaal van vanjaar verwag word.