Red Bull sal beter vaar in Imola

Lewis Hamilton en sy Mercedes-span verwag Max Verstappen en Red Bull sal beter doen by die naweek se Grand Prix in Imola, Italië. Hamilton, die sewemalige kampioen, sê dit sal ‘n uitdaging wees om sy 2020-oorwinning oor die Nederlandse bestuurder te herhaal. Die Brit moes alles uithaal by die seisoen se eerste wedren in Bahrein waar hy in sy 96ste Formule 1-oorwinning stof in Verstappen se oë geskop het. Die Mercedes-span se baas, Toto Wolff, sê hulle is bewus van die snelheid van hierdie seisoen se Red Bull-motor.