Biden stel sankies in teen Rusland

Die VSA het omvattende sanksies teen Rusland ingestel weens inmenging by die verkiesing, kuberkrakery en ander skadelike buitelandse aktiwiteite. President Joe Biden het ‘n uitvoerende bevel uitgereik waarvolgens die beperkings uitgebrei word op Amerikaanse banke wat Russiese staatskuld hanteer. Tien diplomate, waaronder vermeende spioene, is geskors en sanksies is ingestel teen 32 individue wat beskuldig word van inmenging by die onlangse presidensiële verkiesing. Die Withuis sê in ‘n verklaring die nuwe sanksies toon die VSA sal Rusland op ‘n strategiese en ekonomiese manier straf, indien hy voortgaan met sy destabiliserende internasionale optrede.