Leerders weer die meeste gevalle

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 134 nuwe gevalle van Covid in die land bevestig uit 1 491 toetse. Die Khomas-streek het 35 terwyl Erongo 29 het. In Karas is daar 13 met Otjozondjupa en Oshana met 12 elk. Kunene het 10. Die res is landwyd versprei. Daar is 18 leerders van 4 skole, 4 onderwysers en 3 gesondheidswerkers in die groep. ‘n Totaal van 119 pasiënte is gehospitaliseer met 33 in hoësorg. Totale aktiewe gevalle staan tans op 1 256.