Bok afrigters en bestuur ontmoet

Die Springbok-afrigters en -bestuur het met gekeurde spelers van regoor die land vergader ter voorbereiding van vanjaar se toets-seisoen. Die uitdagende program sluit die reeks teen die Britse en Ierse Leeus, die Rugby-kampioenskap en die toer na Europa aan die einde van die jaar in. Die Hoofafrigter Jacques Nienaber sê sommige spelers het mekaar die eerste keer in meer as 500 dae gesien. Die volgende ontmoetings is met Springbokke wat in Engeland en Frankryk gebaseer is terwyl dié in Japan aanlyn met die afrigters sal vergader.