TransNamib-hoof op pad na ongelukstoneel

Die uitvoerende hoof van TransNamib, Johny Smith, is op pad na die treinongelukstoneel by die B2Gold-myn tussen Otjiwarongo en Otavi. Groot kommer heers oor die tenkwaens met vloeibare swaelsuur wat uiters gevaarlik is. Volgens berigte lek swaelsuur uit een van die tenkwaens. Smith het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ongeluk vermoedelik iets met […]

Read More

Namibiese ekonoom sê daar is geen ekonomiese hulp

Namibiese ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê die bewerings dat die regering 8,1 miljard Namibiese dollar in die plaaslike ekonomie gepomp het om die impak van die Covid-pandemie in 2020 te versag, word misplaas omdat dit nooit plaasgevind het nie. Hy voer aan dat daar ook geen sinvolle ingrypings ingestel is om belangrike sektore soos toerisme, die […]

Read More

Namibiese koringproduksie daal skerp

Volgens Namibiese ekonoom Salomo Hei het Namibië se plaaslike koringproduksie van 2020-2021 aan 37 persent van die aanvraag voldoen, terwyl 63 persent koring ter waarde van meer as 64 miljoen Namibiese dollar ingevoer is. Hei sê die land se tekort aan koring het gelei tot prysverhogings van koring van 15 persent tydens die 2020-2021 bemarkingseisoen. […]

Read More

Universiteit van Stellenbosch open Skool vir Klimaatsverandering

Die Universiteit Stellenbosch sal Donderdag die land se eerste Skool vir Klimaatsverandering bekend stel. Die skool sal fakulteitstatus hê en beloof om baanbrekerswerk te doen in die stryd teen klimaatsverandering. Volgens die universiteit sal die skool die klimaatverwante kennisstelsels van sy fakulteite en die openbare sektor se klimaatsbeleide en -inisiatiewe saamvoeg. Dit word gedoen om […]

Read More

Lilibet se naam op troonopvolgingslys

Prins Harry en sy vrou Meghan se dogter Lilibet Diana Mountbatten-Windsor, se naam is uiteindelik op die troonopvolgingslys op die Britse koningshuis se webwerf geplaas. Sy is agste op die lys ná haar pa en ouer broer, Archie.

Read More

Action SA gee Ramaphosa twee maande vir ondersoek na onluste

ActionSA se burgemeesters-kandidaat vir Johannesburg in die plaaslike regeringsverkiesing het President Cyril Ramaphosa twee maande gegee om ‘n regterlike ondersoek na die onlangse onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal te gelas. Die geweld het honderde lewens geëis en miljarde rand se skade aangerig. Herman Mashaba beskryf die geweld as hoogverraad en misdaad teen die staat, en […]

Read More

Omgewingskundige maan oor gevare van swaelsuur

‘n Namibiese omgewingskundige, dr. Peter Cunningham, gee sy reaksie oor die treinongeluk by die B2Gold-myn tussen Otjiwarongo en Otavi, wat tenkwaens met vloeibare swaelsuur insluit wat uiters gevaarlik is. Hy sê swaelsuur word onder streng beperkings gebruik weens die gevare vir die omgewing en die publiek. Dit het ‘n verwoestende impak op die biodiversiteit. Cunningham […]

Read More

Namibiese ekonomiese vooruitsigte vir 2021 donker

Namibië se ekonomiese vooruitsigte vir 2021 lyk bleek met Cirrus Securities wat hul voorspelling vir ekonomiese groei van 3,8 persent na 2,1 persent hersien het. Die hersiening is te wyte aan die laer diamantproduksie vir 2021, asook die trae Covid-inentings, strenger inperkingsmaatreëls en daarmee saam die onsekerheid vir die res van die jaar. Sektore wat […]

Read More

Deurry-stasie vir Covid-inentings goed deur publiek ontvang

Die deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde word baie goed deur die publiek ontvang. Die deurry- en instapstasie is Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans vir die volgende drie maande oop. Dit is ‘n inisiatief van Gondwana Collection Namibia, die Gondwana Care Trust, FNB Namibia, Vaccines for Hope en word deur […]

Read More

Landbou Sakekamer: Voedselprysinflasie kan later afneem

Die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika sê hoewel die voedselprysinflasie steeds hoog is, kan die tweede helfte van die jaar matigheid toon. Prysinflasie het jaar op jaar tot sewe persent toegeneem. Die maandelikse toename kan toegeskryf word aan olies en vette, vleis en melk. Brood en graankosse het onveranderd gebly. Die kamer se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, […]

Read More