TransNamib-hoof op pad na ongelukstoneel

Die uitvoerende hoof van TransNamib, Johny Smith, is op pad na die treinongelukstoneel by die B2Gold-myn tussen Otjiwarongo en Otavi. Groot kommer heers oor die tenkwaens met vloeibare swaelsuur wat uiters gevaarlik is. Volgens berigte lek swaelsuur uit een van die tenkwaens. Smith het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die ongeluk vermoedelik iets met die spoor te make het, maar dat daar ondersoek ingestel word.