Namibiese ekonoom sê daar is geen ekonomiese hulp

Namibiese ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê die bewerings dat die regering 8,1 miljard Namibiese dollar in die plaaslike ekonomie gepomp het om die impak van die Covid-pandemie in 2020 te versag, word misplaas omdat dit nooit plaasgevind het nie. Hy voer aan dat daar ook geen sinvolle ingrypings ingestel is om belangrike sektore soos toerisme, die media en lugvaart te beskerm nie. Hy sê daar was nooit ‘n ekonomiese stimulus van 8,1 miljard Namibiese dollar nie en meen die pakket was eerder 2,3 miljard Namibiese dollar. Dr. Omu Kakujaha-Matundu verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus ..

Dr. Matundu verduidelik ook daar daar ‘n verskil in sakeredding en ekonomiese stimulus is.