Universiteit van Stellenbosch open Skool vir Klimaatsverandering

Die Universiteit Stellenbosch sal Donderdag die land se eerste Skool vir Klimaatsverandering bekend stel. Die skool sal fakulteitstatus hê en beloof om baanbrekerswerk te doen in die stryd teen klimaatsverandering. Volgens die universiteit sal die skool die klimaatverwante kennisstelsels van sy fakulteite en die openbare sektor se klimaatsbeleide en -inisiatiewe saamvoeg. Dit word gedoen om die oorgang na ‘n klimaatsweerstandige samelewing en ‘n lae-koolstof-ekonomie te ondersteun. Die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Blade Nzimande, sal Donderdag se aanlyn geleentheid bywoon.