Namibiese ekonomiese vooruitsigte vir 2021 donker

Namibië se ekonomiese vooruitsigte vir 2021 lyk bleek met Cirrus Securities wat hul voorspelling vir ekonomiese groei van 3,8 persent na 2,1 persent hersien het. Die hersiening is te wyte aan die laer diamantproduksie vir 2021, asook die trae Covid-inentings, strenger inperkingsmaatreëls en daarmee saam die onsekerheid vir die res van die jaar. Sektore wat hard geslaan is, is vervaardiging en toerisme, maar nuwe voertuigverkope het verbeter.