Omgewingskundige maan oor gevare van swaelsuur

‘n Namibiese omgewingskundige, dr. Peter Cunningham, gee sy reaksie oor die treinongeluk by die B2Gold-myn tussen Otjiwarongo en Otavi, wat tenkwaens met vloeibare swaelsuur insluit wat uiters gevaarlik is. Hy sê swaelsuur word onder streng beperkings gebruik weens die gevare vir die omgewing en die publiek. Dit het ‘n verwoestende impak op die biodiversiteit. Cunningham verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê dit hang af hoeveel swaelsuur is vrygelaat. Hy verduidelik hoe die besoedelde grond behandel moet word.