Deurry-stasie vir Covid-inentings goed deur publiek ontvang

Die deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde word baie goed deur die publiek ontvang. Die deurry- en instapstasie is Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans vir die volgende drie maande oop. Dit is ‘n inisiatief van Gondwana Collection Namibia, die Gondwana Care Trust, FNB Namibia, Vaccines for Hope en word deur verskeie private maatskappye onder die vaandel van die gesondheisministerie ondersteun. Die handelsmerkbemarkingsbestuurder van Gondwana, Jescey Visagie, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.