Kevin is tevrede, vertoon baie goed

Kevin Anderson van Suid-Afrika sê hy is tevrede dat sy spel besig is om te verbeter. Hy speel môre teen die Kroaat Marin Cilic in die kwarteindronde van die Estoril Ope in Portugal ná sy oorwinning oor die Spanjaard Roberto Carballes Baena. Dit sal Anderson se eerste kwarteindwedstryd in sowat ses maande op die ATP-toer wees. In die dubbelspel het Raven Klaasen van Suid-Afrika en Ben McLachlan van Japan na die tweede ronde deurgedring toe hulle Simone Bolelli van Italië en Maximo Gonzalez van Argentinië geklop het.