N$2m vir straatkinders

Die Ministerie van Geslagsgelykheid in die Presidensie het 2 miljoen Namibiese doller begroot om kinders op die straat na ‘n regeringsplaas Kaukurus te verskuif. Die minister, Doreen Sioka het die aankondiging gemaak. Sy sê saam met beplanning en logistieke ondersteuning sal die kinders versorg en beskerm word. Die kwessie van straatkinders, veral in die hoofstad, is kompleks. ‘n Groep wat die oostelike voorstede geteister het is ‘n paar jaar gelede herhaaldelik teruggeneem na hulle tuisdorp, Gobabis, maar, binnekort was hulle weer terug. Die kinders meen hulle wil nie by die huis bly nie. Hulle het ook met die eerste inperkings verlede jaar herhaaldelik ontsnap van die koshuise waar hulle behuising en kos gegee is.