Kerkleier sê polisie hits geweld aan

‘n Kerk in Johannesburg het ‘n beroep op die polisie en metropolisie gedoen om hulle lede te ondersoek wat na bewering geweld teen sy gemeente aanhits. Hy beweer dat talle gemeentelede oor die jare as gevolg hiervan dood is. Die leier van die International Pentecost Holiness Church se Jerusalem-faksie, biskop Michael Sandlana, en drie ander het dié week in die hof verskyn op aanklagte van bedrog. Sandlana sê sy ondersteuners is by die hof voortdurend getart en bygedam deur wetstoepassers. Hy beskuldig mededingende faksies daarvan dat hulle polisielede teen hom gebruik.