VSA: staaltekorte vertraag trekkervervaardiging

Die Amerikaanse boerdery-korporasie AGCO sê fabrieke kan nie voorbly nie omdat boere sukkel om die nodige trekkers aan te skaf weens ‘n tekort aan staal, plastiek, mikroskyfies en bande. Dit het veroorsaak dat baie boere teleurgesteld is alhoewel hulle kontantvloei verbeter het na hoër graanpryse. Hul probeer om betyds nuwe masjinerie aan te skaf vir hierdie jaar se oes. Die verskaffers van hierdie onderdele in beide die VSA en Europa het arbeids-beperkings ondervind as gevolg van Covid-19-verwante inperkings.