Maatreëls vir begrafnisse aangepas

Die Namibiese Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het klein aanpassings aan maatreëls in verband met begrafnisse gemaak toe hy vanmiddag die aankondiging oor die regering se reaksie op pandemie vir die volgende maand bekend gemaak het.

Hy het verder gesê geen persoon kan inenting geweier word as hy nie nasionale dokumente het nie. Hy het weer beklemtoon dat enige persoon wat in aanmerking kom vir ‘n inenting en een aanvra, moet ‘n inenting ontvang.