Nuwe debietordestelsel tree in werking in SA

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se gewaarborgde invorderingstelsel, AC/DebiCheck, tree Saterdag in werking. Die sperdatum is weens die inperking met ‘n jaar uitgestel. ‘n Woordvoerder sê AC/DebiCheck vereis dat klante instem tot nuwe debietorders voordat dit kan deurgaan om sodoende misbruik van die stelsel te beëindig. Met die nuwe betaalstelsel sal verbruikers magtiging aan hul bank gee deur middel van ‘n gemagtigde mandaat om die geld van hul rekening vry te stel wanneer ‘n debietorder ingedien word. Ondernemings het tot November 2019 tyd gehad om die stelsel volledig in te stel.