F1: teleurstelling oor kansellasie in Kanada

Williams se Formule Een-renjaer, Nicholas Latifi, het sy teleurstelling uitgespreek nadat die Kanadese Grand Prix vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die koronavirus-pandemie gekanselleer is. F1 sê weens die voortdurende internasionale reisbeperkings wat in Kanada van krag is, is dit onmoontlik om die land binne te gaan sonder ‘n verpligte kwarantyntydperk van 14 dae. Die Turkse Grand Prix in Junie sal nou die wedren in Montreal vervang. Latifi sê hy sien daarna uit om volgende jaar aan ‘n wedren in sy geboorteland deel te neem: