
SA loop deur onder gure weer - February 23, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar donderstorms in verskeie provinsies vandag. Dit sluit in Limpopo, die Vrystaat, Noord-Wes en KwaZulu-Natal. Moontlike vloede, hael en sterk wind word verwag. Die Noord-Kaap mag omstandighede ondervind wat kan lei tot veldbrande. Gauteng, Mpumalanga en Limpopo sal verspreide buie ervaar, terwyl mis en ligte reën in kusgebiede mag voorkom. […]
Musk kry staatsamptenare voor stok - February 23, 2025
Elon Musk het Saterdagaand federale staatsdienswerkers per e-pos ingelig om teen môre volledig verslag te doen oor wat hulle alles verlede week vermag het. Kort daarna het Musk op X gesê versuim om aan dié opdrag te voldoen, sal as ‘n bedanking beskou word. Dit volg ná president Donald Trump gesê het Musk se departement […]
Banyana Banyana klop Lesotho - February 23, 2025
Banyana Banyana het ‘n naelskraapse oorwinning van 1-nul oor Lesotho behaal in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd op die Universiteit van Johannesburg se kampus in Soweto. Nobahle Mdelwa se strafskop het die verskil gemaak. Afrigter Desiree Ellis het die wedstryd gebuik om haar groep te vergroot voor die Vroue-Afrikabekertoernooi in Julie.
Media gee terugvoer oor verkiesing - February 23, 2025
Die sesde en laaste verslag oor die afgelope verkiesing is deur die Redakteursforum se Mediamoniteringsprojek vrygestel. Van die bevindinge was dat daar ‘n behoefte is aan ‘n volhoubare media-teenwoordigheid deur die politieke partye, en dat die mediadekking van Swapo afgeneem het. Die media ombudsman, dr. John Nakuta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Brande woed in Kaapse Wynland - February 23, 2025
Brandbestryders in die Kaapse Wynland het ‘n besige nag deurgemaak met die bestryding van verskeie brande. Woordvoerder Jo-Anne Otto sê die brande by Dunstone en Rooshoek naby Wellington is onder beheer gebring, terwyl spanne in Oaklands vlamme weggekeer het van perdestalle en plantasies. In Witzenberg het suksesvolle voorbrande gehelp om kern-brandlyne te bekamp. Otto het […]
Oekraïne hardkoppig oor aardminerale - February 23, 2025
President Volodymyr Zelensky van die Oekraïne is nie gereed om ‘n ooreenkoms met die VSA te sluit wat dié moontheid voorkeurtoegang tot die land se skaars aardminerale gee nie. President Donald Trump verwag spesiale toegang as vergoeding vir die miljarde in hulp wat sy voorganger, Joe Biden, aan die Oekraïne geskenk het. Trump se veiligheidsraadgewer, […]
Ierland, Engeland boaan Sesnasies-punteleer - February 23, 2025
Ierland en Engeland is in die eerste twee plekke op die Sesnasies-punteleer na oorwinnings oor Wallis en Skotland. Ierland moes hard werk om ‘n baie verbeterde Wallis 27-18 te klop in Cardiff. Wallis het in ‘n stadium 18-10 voorgeloop, maar die verdedigende kampioen het teruggeveg. Op Twickenham het Engeland naelskraaps 16-15 teen Skotland gewen. Die […]
Andrada toets Japan se litiummark - February 23, 2025
Andrada Mining gaan ‘n toetsmonster van vier ton litium van sy Uis-myn in Namibië na Japan stuur in sy soeke na potensiële markte. Dié monster sal uit Walvisbaai verskeep word. Die jongste verwikkeling volg ná Andrada onlangs ‘n leningsfasiliteit van 48 miljoen Namibiese dollar bekom het om ‘n tweede tinverwerkingsaanleg by die Uis-myn te bou.
SA hoop gryslysdae is getel - February 23, 2025
Die Finansiële Aksie-taakspan het vier van Suid-Afrika se ses agterstallige aksie-items opgegradeer. Volgens die Nasionale Tesourie kan die land in Oktober van die gryslys verwyder word aangesien 20 van die 22 items uitgeklaar is. Die Tesourie bevestig dat die owerhede aanhou met pogings om ondersoeke ten opsigte van geldwassery en terrorisme-finansiering te verbeter. Die reguleerder […]
Duitsland trek kruisies - February 23, 2025
Duitse kiesers koers vandag stembus toe met konserwatiewe steun in dié land wat aansienlik toegeneem het ná die dramatiese terugkeer van president Donald Trump na die Withuis. Opposisieleier Friedrich Merz van die Christelike Demokratiese Unie is die gunsteling om te wen met verkiesingsbeloftes van ‘n groter stem vir Europa midde internasionale politieke ontwrigting. Sou hy wen, […]